• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoenderhumor

Started by Meraai vannie Baai, September 11, 2015, 01:40:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Kon nie anders as om kekkelende te giggel met respek aan die kapoet-hoender :toothy4:


PM

 :icon_biggrin:  Verseker giggel ek saam!   :bootyshake:

Op hierdie oomblik is Hannes besig om 'n boendertjie op die spit gaar te maak.  Ek het nog 'n paar kilo's om te verloor en is terug by oom Google om allerhande wenke op te lees.  Hou gerus die Dieet-afdeling dop.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ag foeitog, dit is bykans 2018 en ek sukkel nog steeds met my gewig.  Wens ek kon 'n paar pitte input en so 'n groot bol output.   :angel4:  Ai, nou is dit net kapoet!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek en my gewig het saam grootgeword en is soort van geheg aan mekaar geraak.  Ons lewe dus nou in vrede saam en is dus nie een baie gestress oor die ander nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Gewigtige sake inderdaad. Ek voer tromp-op self 'n klein oorloggie teen lesings op die skaal. Baie seker daarvan die ding is 'n terrie  :icon_biggrin:

adele

'n Vriendin vertel my op whatsapp ...
Djjjeezlike . Ek kan nie glo die SPCA is so vol nonsens en streng nie !!! Soveel vrae , net oor ek die tyd van die jaar 'n kalkoen wil aanneem !!!!
adéle  :grommit:

Naas

#6
Wonder of hulle 'skaap of twee het vir aanneming.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hehehhehehe. Ek giggel myself in 'n hikbui in  :toothy4: wonder of mens iewers in die fynskrif 'n belofte wat jy moet afle sal vind dat die aangenome troeteldier nie op die kerstafel gaan beland en verslind word nie  :dontknow:

PM

Met my geluk sal hulle daai kalkoen vrystel.  Julle ken mos die storie?

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek wag vir die kalkoenstorie PM  :icon_biggrin: :`ip2: nog nie gehoor nie!

PM

Hier is die storie.

https://en.wikipedia.org/wiki/National_Thanksgiving_Turkey_Presentation

National Thanksgiving Turkey Presentation is a ceremony that takes place at the White House every year shortly before Thanksgiving. The President of the United States is presented with a live domestic turkey by the National Turkey Federation, usually of the Broad Breasted White variety. The early years also included a joint presentation with the Poultry and Egg National Board. The ceremony dates back to the 1940s, with presidents occasionally sparing the bird presented to them; since 1989, during George H. W. Bush's first Thanksgiving as president, it has been an annual tradition for the president to "pardon" the turkey.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#11
Dankie vir deel mater. Iewers het ek so oulike grafiese voorstelling gesien van 'n vark gedurende Thanks Giving wat se hy is so bly hy's nie 'n kalkoen nie - dan antwoord die kalkoen iets in der voege:- swyg vark, kersfees kom!  :icon_biggrin:

Naas

Ja... Assie se oupa se altyd: "Elke hond kry sy dag, maar 'n brak kry sommer 'n hele naweek."



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Wonder of Assie se oupa nie al 'n weduwee buurtannietjie in die oog het vir 'n oujaarsdag-skuurdans?

Naas

Hulle is mos maar alleen mense daar oppie plaas. Sal seker maar soos ek allen by die familie kuier om 'n vuurtjie.
Harde lewe gehad met sy vrou en die dat Asie se pa in die malhuis beland het help ook nie. Ek dink hy en Assie hou mekaar uit trou uit.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.