• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoenderhumor

Started by Meraai vannie Baai, September 11, 2015, 01:40:05 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Oom Naas moenie so van my en oupa skinder nie. Ek lees allies.  :nono:
Ja. Oupa sê hy sien nie weer kans vir vrouvat nie. Is al te oud vir weer aanpas by nuwe vrou se nukke.
Ek sal trou as die regte prins verbykom maar agv pappa se probleme sal daar nie kinders wees nie. My man sal eers daarmee moet gelief neem.


:mumum:

Meraai vannie Baai

Dit smaak my die veearts is nou heel uit die liefdesprentjie gevee. Hy moes verseker net 'n paar potloodstrepe in die hoofstuk van jou lewe gewees het Assie. Hou moed nooi. Die regte ene sal opdaag. Onthou om hom te vra of hy koeie met die hand kan melk hoor! Dit is BAIE belangrik.

PM

Goeie griet, julle is stout.  Ek kan nie my as draai nie dan beskinder julle die arme Assie frot!  Assie is gans te slim om enige lieplapper te vat en Oupa pas haar mooi op.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sug en sug..... voel skoon verlate. En toe sien ek Naas dwaal ook deur die gange. Hoop ek dit is nie te laat om gou 'hello mater' te skryf nie  :icon_biggrin:

Naas

 :wave: Ek is hier. My verlof het begin so ek is nou baie besig. Kersgeskenke moet tussen al vroulief sê bestel lings deur gebeur. Vanoggend sukkel ek bietjie met die asem so nou gaan dit ekstra stadig.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Slow motion - ken van daai ene. Ek verstaan so goed. Oi man, wat se mens behalwe ek dink aan jou en sterkte. Wens mens kon regtig 'n drukkie verpak en stuur.

PM

Ek is ook nou soos daai fietspomp.   :toothy4:   Ek raas en blaas.
Toe ek jonger was, was dit baie erg om na daai ou omies te luister wat so swaar asemhaal.  Min het ek geweet . . . my beurt kom!   :evil6:


Ons moet maar vasbyt, min dae.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#22
Welkom welkom in die blasende klub vir gewigtiges PM  :toothy4:
Weet jy wat laat my nog meer bloos as die geblaas? Saam met dit kom daar mos die groot vergeet en jy krap in elke laai in jou kreukelkamer opsoek na die regte woorde wat jou toetentaal ontgaan.

Laat my dink aan ou Koos wat in Spar ingestap het om 'n hoender te koop. Hy kry dit nie en kon tot die dood toe nie onthou wat is 'n hoender in Engels nie.
Desperaat gryp hy toe 'n boksie eiers en vra die kassiere: "Where is their mother?"
:headbang: :icon_bigsmurf: :`ip2:

PM

 :toothy4:   Werklik!  Ek weet presies waardeur die ou omie worstel.   :pottytrain2:   Skuus, die verkeerde een.  :icon_biggrin:      :bootyshake:     
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek hoor Oom Naas is ook nou al op pensioen. Hy het lank laas kom kuier.
Ek gaan spesiaal sago poeding kook as hy weer kom kuier.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Oe! Ek smeek vir so lekseltjie. Dooi oor sagopoeding. Deesdae rek ek hom so bietjie met 'n blik fyngemaakte pynappel by. Sondiglik lekker.

Naas

Ek sal op die plaas wees sodra die regering my geld uitbetaal. gooi solank daai sago in die water.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek hoop dit gebeur voor jou volgende verjaarsdag Naas.   :love7:   Ek sal ook sago kook!
Om te weet is om te verstaan.