• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wie lees wat na middernag?

Started by Meraai vannie Baai, August 26, 2015, 01:50:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Vra hom R150 per maand. Voor jy dit weet het jy twintig adverteerders.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#61
Ja, maar dan gaan al my mense wegloop, want hulle hou nie van advertensies op die forum nie.
Ek geen nie om as iemand 'n plasing doen om 'n produk te adverteer nie, maar advertensies?   :nono:


Advertensiekoste is in elk geval vrekken duur. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

. . . en so gesels ek maar met myself.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#63
O dit klink alte bekend PM. En tog, deur alles skop die forum voort - al is dit soms in paaiemente soos ons algar :icon_biggrin:

Assie

Hoe lank pleeg mens CPR voordat jy moegophou?

:mumum:

Meraai vannie Baai

#65
Note: End the cycles if the scene becomes unsafe or you cannot continue performing CPR due to exhaustion. 
:book1: :dontknow: :crybaby2:

Solank ons nie almal saam moeg raak nie, is daar tekens van lewe ... hier is genoeg spoke :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

Assie, ek wonder wat se jou oom Naas van die forum se CPR?  Sit ek nou vandag en  :icon_scratch: Wat bly oor as julle twee moeg raak? Is daar geleende asems vir forums met net drie of vier aktiewe mensies? Griet, ek het net vrae vandag en dit is nie asof ek nie die laaste drie, vier dae genoeg vrae elders beantwoord het en soms die pot helemal misgesit het nie. Ons het almal krisisse in ons lewens en die forum was vir my 'n wegkruipplek. Meestal 'n 'blok-jouself-geen-nuwe-bydrae' gedoente. En 'n bietjie later kom loer ons weer... en weer en weer.  Is die forum dan verslawend en ons kom stil ons behoeftes so stil-stil tussen die lyne? Ek weet nie. Weet een ding, tot nou kom ons (minder as 'n handjievol) nog terug en ek kan my wragtag nie indink as ek nerens heen het om te gaan wanneer die alleen my wil opvreet nie  :crybaby2:

PM

Hier is ek ook nou.  Alles loop skeef en ek kry nie gedoen wat ek wil nie.  My se moedertjie het altoos gesê: 'n Ander se genade is 'n helse genade.  Ek beleef dit gereeld. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis asof my hele lewe my voorberei het om met myself te praat. Toe raak ek nog verslaaf aan 'n forum waar vier mense en 'n gedagte nou en dan iets sê.
Feite is, in my lewe het ek stil geraak, alleen geraak tussen mense.
Mens kan elke dag met honderde mense werk maar as daar nie 'n dieper saamwees is nie vergader skares alleen in jou grysmassa en dan kry die lewe die oorhand.
Genugtig, na 42 jaar se huwelik en kinders kan ek saam vakansies op een hand tel. Kan ek vriende op een hand tel (en hulle is letterlik oor die wêreld gestrooi.
Kennise... legio... vriende... min.
Maar die teerpad tot hier het ek self geteer met besluite wat ek self geneem het.
Ek kan net nie meer in gange loop en hoop om elke nou en dan iemand raak te loop nie. My lewe is vol van daai alleen loop.
Ek het dit die laaste tyd weer besef toe ek reëlings probeer tref en die eindresultaat is "of alleen of glad nie. "
Skryfwerk is 'n toevlugoord maar soos Assie is dit net verbeelding.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Wie het die nar verwar
Wie verstaan sy snikkel?

Kom ons skryf maar...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is soos jy sê Matertjie.  Ons het ons eie pad geteer
maar ek sweer
dit was nie ekke wat daai strepe tetrekke het nie.
Daai ou spook was gerook!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#71
Dit is hier waar ek ook kom wegkruip vir alleen se vreesgedagtes wanneer julle slaap (of dwaal).  Vir my is daar tydelike heling in die klankbord van stomstilte wanneer ons eie seer tussen lyne en spasies ingehok, weerkaats en nie meer amok maak tussen die voue in my kreukelkamer nie. Die kere wat ek een van julle toevallig hier raak-kuier is 'n wonderlike bonus. Sonder ons CPR pogings gaan daar 'n leemte wees wat nie kunsmatig gevul kan word nie want die onsigbare band wat ons deur al hierdie jare nog bind, is uniek en onvervangbaar.

"We speak not only to tell other people what we think, but to tell ourselves what we think." 
Oliver Sacks.

PM

 :read:   Waar woorde gespreek uit ervaring.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Naas ek het weer oor en oor gelees wat jy geskryf het. Jy het 'alleen' verwoord uit eie ervaring soos wat ek dit nog nooit voorheen teegekom het nie. As mens se hart regtig kon bloei was ek nou dolleeg en self 'n spook  :crybaby2:












PM

#74
Naas, ek hoop ek is een van jou vriende.  Om dan 'n vriendin te wees beteken dan om daar te wees. 
Dinge gebeur met 'n doel.
Onthou jy!
Daar in die begin dae toe Woes se baas my genader het om te kom help met die woesforum, het ek jou genader om my te kom help en ek onthou hoe jy styfgeskop het, wou niks van my en my stront weet nie!
Tog het jy later ingestem en die groot plesier, vir my, was toe ons mekaar Eye to eye gesien het in die Kaap!
Vir my was dit 'n wonderlike ervaring.  Jy, Andrew en Trappies, die twee wonderlikste mense wat hulle huis oopgegooi het vir my.   
Angelica! Ek het haar en haar skryftrant ongelooflik geniet. 
My dierbare ouma Naas!  Wat 'n wonderlike voorreg om so 'n lieflike mens in jou lewe te hê!
Willatjie en Andre!
Dan kom ons by die grootste liefde in die lewe.  Ons eie Meraatjie van die Baaitjie.  Waar in jou lewe wil jy 'n beter vriendin kry? Iemand wat liewer is vir jou of iemand wat meer admirasie het vir jou pragtige talent. 
Moet asseblief nou nie vir my kom vertel jy is alleen nie! Skaam vir jou!
Ek gaat vir Assie op jou sit!
Om te weet is om te verstaan.