• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Botterkoekies

Started by Naas, July 20, 2015, 12:46:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

BOTTERKOEKIES
(Lewer omtrent 5-6 dosyn koekies)

250 g botter of margarine
1 Koppie (250ml) suiker
1 Koppie (250ml) olie
1 Eier
2 Teelepels vanieljegeursel
2 Teelepels bakpoeier
4 Koppies (500 g) koekmeelblom

Sit die oond aan teen 200º.
Voeg die botter, suiker, olie, eier en vanieljegeursel by mekaar en klits tot dit romerig is.
Voeg nou die bakpoeier en die meel by die mengsel en vou saam in tot dit 'n gladde deeg maak.
Rol deeg uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Moenie die deeg te dik uitrol nie.
Druk nou vorms uit die deeg en plaas hulle op 'n klaar botter gesmeerde bakplaat.
Bak koekies vir 8-10 min in 'n voorverhitte oond van 200º.
Haal koekies dan uit en laat afkoel voor jy hulle uit die bakplaat haal.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Nou is ek so belustig soos 'n swanger vrou nie kan droom om te wees nie!