Author Topic: CUSTARD KOEKIES  (Read 7812 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
CUSTARD KOEKIES
« on: July 20, 2015, 11:47:56 AM »
CUSTARD KOEKIES
(Lewer omtrent 5-6 dosyn koekies)

250 g botter of margarine
1 Koppie (250ml) suiker
1 Koppie (250ml) olie
1 Eier
2 Teelepels suurlemoengeursel
2 Teelepels bakpoeier
4 Koppies (500 g) koekmeelblom
3 Eetlepels custardpoeier

Vulsel:

120g Botter of margarine
2 Koppies (500ml) versiersuiker
5 Teelepels custardpoeier
1 Teelepel vanieljegeursel

Sit die oond aan teen 200º.
Voeg die botter, suiker, olie, eier en suurlemoengeursel by mekaar en klits tot dit romerig is.
Voeg nou die bakpoeier, meel en custardpoeier by die mengsel en vou saam in tot dit ‘n gladde deeg maak.
Rol deeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Moenie die deeg te dik uitrol nie.
Druk nou vorms uit die deeg en plaas hulle op ‘n klaar botter gesmeerde bakplaat.
Bak koekies vir 8-10 min in ‘n voorverhitte oond van 200º.
Haal koekies dan uit en laat afkoel voor jy hulle uit die bakplaat haal.

Vulsel:

Voeg die botter en versiersuiker saam en meng tot dit romerig is. Voeg dan die res van die bestanddele by en meng alles goed saam.
Neem dan twee van die custard koekies en sit die vulsel in die middel.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: CUSTARD KOEKIES
« Reply #1 on: July 23, 2015, 04:12:39 AM »
Toe ouma Emmie nog gelewe het was daar elke kersfees 'n blik stapelvol custard koekies vir die Lockies! Filang ek darem nou dikke stukke na ons ouerhuis in Mosselbaai.