• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tesame weggevlug van mens en God

Started by adele, April 02, 2015, 07:10:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek was op soek na die struktuur wat bestaan uit 10 reëls, 10 lettergrepe elk en die eerste lettergreep van elke reël moet 'n sterk klank wees .... maar nadat ek omtrent 5 reëls uitgeskaaf het, is hierdie nog 12 reëls lank ... dit kon nie minder nie

Tesame weggevlug van mens en God

Roepstem van hoop, ek soek oral na jou,
strompel oor klippe en uitstaan-stompe
in die laatherfs-ravyn van my lewe;
skuifel die skuins paadjie af ondertoe
daar te soek na die sin in my lewe
helaas, geen sinvolle antwoord te vind
in die donker diep-eggo spelonke
vol melaatses, erg afgetakel nie.
Raak dit skielik donker, die lig vlug weg.
Christus roep uit; Sy God het Hom verlaat ...
Klim ons tesaam weer uit die grafspelonk
juig en dans en sing; ons is ewig vry!

©adéle theron
adéle  :grommit:

Naas

Praggedig vol gevoel en blydskap van 'n hergeboorte teen die einde. Soms moet ons die reels "buig" om ons se te se.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek stem saam met Naas, dit is puik net so!

PM

"strompel oor klippe en uitstaan-stompe"  Pragtig Adéle.  Na die nanag breek die dag. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

dankie baie dat julle saam lees xxx
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Weer kom lees. Jy het 'n wonderbaarlike woordgawe lief Adele!  :notworthy: :icon_salut:

PM


Ek het ook weer kom lees en sou net een klein veranderingkie aangebring het: Die posisie van die "nie".

helaas, geen sinvolle antwoord te vind
nie
in die donker diep-eggo spelonkevol melaatses,
erg afgetakel.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek stem weereens nie saam met PM. Daar moenie 'n nie kom nie. Dit verander die metrum en lei die aandag in verkeerde rigting. Ek sal dit onveranderd los.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Skuus, die nie het net vir my 'n bietjie uit plek uit gelyk.  Jy is reg met die metrum. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.