Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on April 02, 2015, 06:10:05 PM

Title: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: adele on April 02, 2015, 06:10:05 PM
Ek was op soek na die struktuur wat bestaan uit 10 reëls, 10 lettergrepe elk en die eerste lettergreep van elke reël moet 'n sterk klank wees .... maar nadat ek omtrent 5 reëls uitgeskaaf het, is hierdie nog 12 reëls lank ... dit kon nie minder nie

Tesame weggevlug van mens en God

Roepstem van hoop, ek soek oral na jou,
strompel oor klippe en uitstaan-stompe
in die laatherfs-ravyn van my lewe;
skuifel die skuins paadjie af ondertoe
daar te soek na die sin in my lewe
helaas, geen sinvolle antwoord te vind
in die donker diep-eggo spelonke
vol melaatses, erg afgetakel nie.
Raak dit skielik donker, die lig vlug weg.
Christus roep uit; Sy God het Hom verlaat …
Klim ons tesaam weer uit die grafspelonk
juig en dans en sing; ons is ewig vry!

©adéle theron
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: Naas on April 02, 2015, 08:03:21 PM
Praggedig vol gevoel en blydskap van 'n hergeboorte teen die einde. Soms moet ons die reels "buig" om ons se te se.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2015, 11:06:56 AM
Ek stem saam met Naas, dit is puik net so!
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: PM on April 14, 2015, 10:02:03 AM
"strompel oor klippe en uitstaan-stompe"  Pragtig Adéle.  Na die nanag breek die dag. 
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: adele on April 14, 2015, 07:57:51 PM
dankie baie dat julle saam lees xxx
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2021, 04:18:59 AM
Weer kom lees. Jy het 'n wonderbaarlike woordgawe lief Adele!  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: PM on November 04, 2021, 10:43:56 AM

Ek het ook weer kom lees en sou net een klein veranderingkie aangebring het: Die posisie van die "nie".

helaas, geen sinvolle antwoord te vind
nie
in die donker diep-eggo spelonkevol melaatses,
erg afgetakel.
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: Naas on November 04, 2021, 10:54:00 AM
Ek stem weereens nie saam met PM. Daar moenie 'n nie kom nie. Dit verander die metrum en lei die aandag in verkeerde rigting. Ek sal dit onveranderd los.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: PM on November 04, 2021, 11:20:28 AM
Skuus, die nie het net vir my 'n bietjie uit plek uit gelyk.  Jy is reg met die metrum. 
Title: Re: Tesame weggevlug van mens en God
Post by: Naas on November 04, 2021, 11:46:00 AM
 :love7: :notworthy: :love7: