• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.

Started by Meraai vannie Baai, March 13, 2015, 12:47:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai



Wat eers as 'n tuisbesigheid begin was, het toe uitgedraai as 'n liefdadigheidsprojek
vir Meisiekindjie se 'Helpende Hande Uitreik Aksie' in haar tuisdorp hier in Aus.
Die poppies word op 'n maandelikse 'food auction' geplaas waar daar dan op 'gebie'
word vir koopbewyse vir kos en vleis aan behoeftige gesinne.

As jy self jou hand wil waag aan die heerlike tydverdryf, hier is my metode.

Stap vir stap aanwysings

1. Kleefpapier word om bolyfie gedraai sodat die papiermache lyfie maklik losgesny
kan word as dit droog is. Dit vergemaklik die projekte om die vormpoppie se arms
en kop te verwyder.



2. Die handdoekpapier sny ek vooraf in driehoek- en vierkantig/langwerpige vorms.
Smeer met gom en plak op lyfie. Ek gebruik ongeveer drie lae oormekaar om
die bolyfies te verstewig.



3. Alles geplak en nou is sy gereed om 'gehang' te word,



4. Hoedjie uit aartappelsak geknip en oor 'n koeldrankproppie
gevou. Alles bymekaar gehou in plek met 'n rekkie.



5. Gom gesmeer weerskante.



6. Die gesig het ons bure seker al nagmerries besorre
Soms hang daar tot vier afkoplyfies op die wasdraad :icon_bigsmurf:





7. Na twee dae se hang aan die wasgoedlyn is dit mooi droog
en kan die bolyfie in verlengde vorm geknip word.



8. Nou word die kleur word gemeng. Maak seker jy meng genoeg verf.
Nagmerrie as jy weer met meng en nie dieselfde kleur kry nie! Papierrompie
word geverf met stysel en gom (gelyke hoeveelhede, verdun met bietjie water).



9. Nog 'n dag of so in die son vir die droogwordproses.



10. Nou begin die kreatiewe souse vloei. Kant bolagie is geknip,
geryg en bo-oor die papier onderrokkie gepas. Tyd om die naald,
garing en kopspelde in te span sodat die ontwerp kan vorm aanneem.



11. Al die fyn ryg en plooiwerk gedoen is dit tyd om te kyk of die lyne vloei...



12. Die hoedjie word fyntjies opgetooi.



13. Nou word die glinsterverfies nadergesleep vir daardie ekstra tikkie glamour



14. Skoentjies word geverf.



15. Al die voue, drapering, rosies groot en klein, van die papierrompie se afwerking
word met die hand gedoen. Dit help dat die poppie kan staan op haar eie.



16. Tyd vir die gebruiklike fotosessie en net betyds vir aflewering aan
Meisiekind se 'food auction' projek vir 'n $35 koopbewys wat soos ek
reeds geskryf het, gebruik word vir die aankoop van kos & vleis aan
behoeftige gesinne.














Meraai vannie Baai

#1
Die swanger Barbie poppies was baie gewild. Natuurlik moes daar eers 'n vorm
geskep word. Skoondoggie se kreatiewe hande is ingespan en teen die einde van
die naweek het ons 'n swanger Barbie vorm gehad.



Die heel eerste swangerbarbie in haar kraamdrag verskaf my soveel plesier!



Daarna volg daar op versoek nog 'n paar en Barbie word van kop tot toon
opgedollie in haar kraamuitrustings.



Ek speel weer pop of dit uit die mode gaan! Skep fyne haartooisels
en vergaap my hoe die poppies 'tevrede' pronk op die fotos.



Die optooi van hulle haardosse in kreatiewe style hou my ure besig.










Meraai vannie Baai

#2
Ongemak van skete skoon vergete, gee ek myself oor in elke ontwerp...













































Meraai vannie Baai

#3
Op 'n dag gee my weduwee buurvroutjie vir my 'n verwaasloosde
poppie uit die jare toet, wat sy by 'n kerkwinkeltjie gekoop het
en vra of ek dalk 'ietsie' met haar kan doen. Die koekspul wat
ek aanneem hare moet wees, was ek doodseker sou net Outop
se skeermes kon tem lol.

Lief vir uitdagings begin ek roskam aan haar bosgasie... en in die
proses vertel sy my van haar groot droom om eendag die bruid van
'n ridder op 'n wit perd te wees.
  :toothy4:

Terwyl ek die fotos neem kom waai die wind haar sluiertjie
ewe verspot en toe weet ek, sy is stralend gelukkig in my
'vintage skepping'. Nou pronk sy in buurvrou se 'voorhuis'
en ek het 'n mooi geraamde troufoto.

:love7:


Meraai vannie Baai



Fyntjiesvat se speel hierdie in ons pandok se poppehaarsalon.

Angelica

Beautiful!!
Kan julle dink wat 'n dogtertjie en haar maatjies met so 'n klomp dollies gaan doen?  Speel, speel en nogmaals speel.
elle

Meraai vannie Baai

Kan my indink wat ek as dogtertjie sou doen met sulke poppies Elle, veral as ek in ag neem hoe dit nou nou as 'n ouma geniet  :icon_biggrin: Was ook nou weer lekker vir my om alles hier bymekaar te sien.

Angelica

Het nie veel poppe gehad toe ek 'n dogtertjie was nie, maar my trou-pop het byna nooit haar boks verlaat nie.  Ek weet nie hoekom ons geskenke gekry het as ons nie daarmee kon speel nie...   :dontknow:
Papier-poppe met die mooiste (daardie jare het dit soos prinsessie-rokke gelyk) klere het ons ure lank besig gehou.
elle

Meraai vannie Baai

Oe! Ek moet jou fototjie neem van my papierpop dinge Elle  :love7: :hello2:

PM

Dit is ongelooflik mooi.  Tot die fynste detail!  Werklik 'n kuns om te maak. 
Ek kan verstaan dat dit vir jou ure se plesier kan verskaf.   :icon_salut:

Om te weet is om te verstaan.

PM

en o ja!  Dit lyk of elke uitrusting vir elke agtergrond geskep is.  Pragtig Raaitjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

Meraai vannie Baai

#12
Bly julle geniet ook saam PM en Angelica  :notworthy: Soms weet ek nie wat vir my die meeste plesier verskaf nie, die fotosessies of die maak van die uitrustings lol. Sodra ek onthou om my kamera uit die Jeep te haal, sal ek die papierpoppies afneem.

Hierdie 'Gothic Mum & baby' was op versoek gemaak vir een van die mammas op Meisiekind se groepie.
Kyk net na die ragfyne sykousies hoor. Outop het dit vir my bestel en ons het baie gelag oor wat die ouens
moet dink wanneer hulle sien 'n man bestel pop-sykousies!

:toothy4:

Die kant handskoentjies is nogals altyd 'n uitdaging, maar verskaf net soveel plesier as dit klaar is.

[/URL]


Meraai vannie Baai

#13
Soos belowe, hier is die papierpopdinge. Die boekie gee jou alles wat jy nodig het
om toeka se modes uit papier (ingesluit) saam te stel en uit te knip.  Daar is tot
hangertjies, lint en kantstukkies by.

Hier is die verskillende papiere waarmee jy die uitrustings en bybehore kan knip



Ure se papiergenot!



Ek het sommer 'n samestelling gemaak met die fotos sodat julle kan sien.






PM

Om te weet is om te verstaan.