• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

Started by Meraai vannie Baai, March 07, 2015, 06:58:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#255
Twee soorte maalvleis- en groente pasteie uit een pan.

Hierdie variasie van ons maalvleis- en groente gereg was gisteraand heel smaaklik. As Outop 'n duim na bo gee, dan weet ek dit was 'n treffer en kan maar op die Lock pandok se menu verskyn in die toekoms. Die mengsel kan of in pastei vorm opgedis word of net so in lae opgeskep word.

Die groentes was vooraf gegeur na smaak en liggies gebraai in 'n diep pan (ek het een ui en 'n drie-kool-mengsel plus 'n halwe pak spinasie gebruik). Toe dit gaar was, het ek 'n dun lagie parmesan oorgestrooi. Daarna is dit eenkant toe geskuif om plek te maak sodat die maalvleis in dieselfde pan gebraai kon word. Die vleis was apart gegeur met 'n klein bietjie kerrie, sout en peper.

Intussen het ek blaardeeg gebruik en tertdoppe gebak. Na dit gaar was en afgekoel het, was hulle gevul met 'n lagie vleis, dan groente en heel laaste gevolg met 'n skeppie kapokaartappels en weer bietjie gerasperde parmesan. Terug oond toe tot die kaas lekker gesmelt was.

Daar het 'n klompie vleis en groente oorgebly wat ek deurmekaar geroer het en toe in 'n klein broodpannetjie nog 'n pastei aanmekaar geslaan. Die kapokaartappels was heel onder geskep, gevolg met die groente en vleismengsel. Weer so lekseltjie kaas bo oor voordat die laaste repie deeg kepies gesny en bo-oor geplaas was. Gebak tot die degie goudbruin was.





Die pasteie vries baie goed en is nog steeds net so smaaklik na dit ontdooi was.

PM

Njam-njam!  Dit is jou skuld dat my lyf so rond word. 
Ek wonder die laaste paar dae of ek nie sommer net moet laat los en eet tot ek bars nie.  Sê nou net Cerona kry vir my beet?   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#257
Ek is ook baie naby die punt van oorgee PM  :toothy4: maar voor dit gebeur is ek baie dankbaar dat daar nog lekker resepte is om te probeer  :icon_biggrin:

Hier is 'n resep soet-suur hoender. Waarskuwing, dit is gevaarlik lekker. Die deeg werk 100 persent vir uieringe ook. Dit sal ook 'n heerlike sous en degie wees vir varkvleis. Outop is so beindruk en die Gold Coast kinders wat fynproewers is, ook! Ongelukkig het ek die skakel verloor om erkenning vir die resep wat ons gevolg het te kan gee, so as dit jou resep is, laat my weet groot asseblief!

1 Cup sugar.
1 Cup water.
3 Tbsp white vinegar.
1 Tbsp ketchup.
1 Teaspoon soy sauce.
1/4 Teaspoon red food colouring.
3 Tbsp cornstarch. And if prefer: 1 Small can of pineapple chunks.
Cook all the ingredients together until smooth. Add cooked chicken. We've used diced breasts.

Batter:
1/3 Cup flour
1/2 Cup cornstarch
1 Teaspoon baking powder
Add water to form batter (about 1/2 cup)
Add 1 teaspoon soy sauce and season if you prefer.
Stir well and add chicken.
Let it marinade for about half an hour and cook in hot oil 'till golden. Add to the sweet and sour sauce.
ENJOY!

Meraai vannie Baai

Ek vra onverskoning vir die groot fotos. Die program is op die koffie en die ouens werk genadiglik daaraan. Ek kan dit nie kleiner maak op my komputer en weer plaas op die oomblik nie. Hopenlik kry hulle die probleem uitgesorteer.

PM

Die foto's se grootte maak die lekker net lekkerder!   :angel4:


Dankie vir die deel matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#260
Opdienvoorstelle vanuit die Lock Pandok se menu

Lui Huisvrou Disse
'n "lazy elegance" bord — wit porselein, 'n klein servet, en 'n enkele groen blaartjie vir kleur. Die lui huisvrou se geheim is min moeite, maksimum indruk.

Verneuk pizza
Op 'n houtplank, met 'n skerp mes langsaan, asof jy die verneukery wil wegsteek. 'n Paar druppels olyfolie vir glans. Die bord moet lyk soos: "Ek het niks gedoen nie, maar kyk hoe lyk dit."

Stoere Boere Bederf
Op 'n blikbord of iets wat die boere erfenis dra. 'n Klein rosyntjie trossie of kaneelstokkie langsaan vir nostalgie. Die opdiening moet ruik na Bloekoms en Ouma kombuis.

Outop se Pasteitjies
In 'n muffinpannetjie of op 'n koelrak, sodat die pasteitjies soos klein soldaatjies staan. 'n Mini voorskootjie servet langsaan vir Outop se eer. Die opdiening moet sê: "Hier kom Outop se handewerk."

Romerige Pasta in 'n Japtrap
In 'n diep bak, met 'n groot lepel wat halfpad in die pasta steek — asof iemand reeds begin het. 'n Klein wolkie gerasperde kaas bo-op. Die opdiening moet lyk soos: "Kom sit, dit's warm, dit's vinnig, dit's romerig."

Maalvleisbolletjies
Opdien voorstel: Op 'n kapokaartappelbed, met 'n druppel warmsousie oor elke bolletjie. Vir die kabouters: in cupcake papiertjies. Die opdiening moet glimlag.

Meraai se Nachos
Op 'n groot plat bord, met die nachos in 'n sirkel en die guacamole in die middel. 'n Klein rooi servet vir stoutigheid. Die opdiening moet sê: "Grasweduwee bederf."

Spinasie Souttertjies
In sirkelvorms, met 'n slaaibed onder. 'n Klein druppel olyfolie vir glans. Die opdiening moet elegant wees — amper "high tea".

Gerookte Vis en Gebakte Aartappel
Op 'n lang visbord, met die aartappel aan die een kant en die vis aan die ander. 'n Klein pietersielie takkie vir kleur. Die opdiening moet ruik na Kaapse Ouma stories.

Vier Minute Mikrogolf Kaaskoek
In klein glasbakkies, met 'n lepeltjie granadillamoes bo op. 'n Stukkie peppermint sjokolade vir drama. Die opdiening moet sê: "Ek het nie tyd gehad nie, maar kyk hoe mooi."

Outop se Hoenderkonkoksie
In 'n wok styl bak, met 'n paar babamielies bo op vir kleur. 'n Klein glasie wyn langsaan — Outop se handtekening. Die opdiening moet warm en rokerig lyk.

Doopsous op Steroids
In 'n klein dipbakkie, met 'n sprietjie dille of pietersielie bo-op. Bedien met vars broodstukkies of groentestokkies. Die opdiening moet sê: "Hou vas, hierdie een byt terug."

Tuna en Spinasie Tert
In vierkante porsies, met 'n dun lagie kaas wat net smelt. 'n Groen slaaitjie langsaan. Die opdiening moet huislik en warm wees.

 Knoffelbrood op 'n Slaaibed
Op 'n kleurvolle bord, met die slaai as "bed" en die knoffelbrood bo op. 'n Paar glashouergaste (klein vrugte of blomme) vir kleur. Die opdiening moet sê: "Sondagoggend troos."

 Aartappelslaai
In 'n groot glasbak, sodat die lae sigbaar is. 'n Klein mosterd streep bo op. Die opdiening moet nostalgies wees.

 Groenteslaai
In 'n breë bak, met die bacon en kaas bo op as garnering. 'n Paar broccoli blommetjies vir kleur.