Platgedrukte Baba-aartappels met parmessaankaas-gremolata:
Baba aartappels - Die resep het nie hoeveelhede nie, want ek meet niks af nie. Ek vat hande vol hiervan en 'n knippie daarvan. Tussen-in gooi ek net by.
Goed. Kook daai aartappeltjies tot net-net sag
Jy het nog die volgende ook nodig:
Olyfolie en S&P
En vir die Gremolata:
Handvol gekapte pietersielie (Ek moes gaan rondvra vir die Afrikaans vir Parsley...hie hie)
Knoffel - gekneus, as jy dit eet. Ek doen nie.
Skil van 2 suurlemoene
Parmesaankaas - gerasper. Handevol
Die aartappeltjies is nou klaar gekook. Dreineer hulle
O ja, die oond moes al aan gewees het, want jy gaan die aartappeltjies bak.
Helfte van die olyfolie in die bakplaat. Aartappeltjies daarin en druk hulle so bietjie plat met 'n drukker of houtlepel.
Res van die olyfolie oor en sout en varsgemaalde swartpeper.
Druk in die oond vir so 1 uur of tot bruin en bros.
Haal uit. Dreineer op papier.
Die Gremolata maak jy so:
Fyn Pietersielie, suurlemoenskil, parmasaankaas, knoffel word nou alles gemeng en roer die Gremolata en Aartappels en sit sommer dadelik voor. Met wat jy ookal kon bekostig om oor die kole te gooi.
Flippin lekker.