Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on March 01, 2015, 06:46:04 PM

Title: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Angelica on March 01, 2015, 06:46:04 PM
Platgedrukte Baba-aartappels met parmessaankaas-gremolata:

Baba aartappels - Die resep het nie hoeveelhede nie, want ek meet niks af nie.  Ek vat hande vol hiervan en 'n knippie daarvan. Tussen-in gooi ek net by.
Goed.  Kook daai aartappeltjies tot net-net sag
Jy het nog die volgende ook nodig:
Olyfolie en S&P
En vir die Gremolata:
Handvol gekapte pietersielie (Ek moes gaan rondvra vir die Afrikaans vir Parsley...hie hie)
Knoffel - gekneus, as jy dit eet.  Ek doen nie.
Skil van 2 suurlemoene
Parmesaankaas - gerasper. Handevol

Die aartappeltjies is nou klaar gekook.  Dreineer hulle
O ja, die oond moes al aan gewees het, want jy gaan die aartappeltjies bak.
Helfte van die olyfolie in die bakplaat.  Aartappeltjies daarin en druk hulle so bietjie plat met 'n drukker of houtlepel.
Res van die olyfolie oor en sout en varsgemaalde swartpeper.
Druk in die oond vir so 1 uur of tot bruin en bros.
Haal uit.  Dreineer op papier.

Die Gremolata maak jy so:
Fyn Pietersielie, suurlemoenskil, parmasaankaas, knoffel word nou alles gemeng en roer die Gremolata en Aartappels en sit sommer dadelik voor.  Met wat jy ookal kon bekostig om oor die kole te gooi.
Flippin lekker.

Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Meraai vannie Baai on March 01, 2015, 10:58:18 PM
Oe la la, dit klink mos nou djeerlik verby. Dankie baie baie vir die uitnooi en deel  :notworthy:
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Angelica on March 02, 2015, 08:18:07 PM
Meraai, dit is heerlik verby.  En so lekker crispy gebraai vir 'n hele uur lank.
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: PM on March 05, 2015, 09:56:03 AM
Dankie Engeltjie.  Ek sal dit beslis probeer. 
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Meraai vannie Baai on March 06, 2015, 10:41:05 PM
Grooooot bederf gewees as 'n middagsnoep dankie Elle! By gebrek aan sommige bestanddele,
onder andere suurlemoenskil het ek sommer pomelo en 'n rasper nadergesleep.
Die laaste oes uit die spa vir vars pietersielie en 'n handjievol feta kaas by die
verneukparmesaankaas was my smaakkliere in hoogste versnelling toe ek die fotos neem.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Verneuk%20aartappels.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Verneuk%20aartappels.jpg.html)

Met so blerts Griekse jogurt en brandsousie was dit 'n vyfstersnoep :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Elle%20se%20aartappels.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Elle%20se%20aartappels.jpg.html)
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: PM on March 08, 2015, 12:35:00 PM
Oe my ma, geen genade vir die heupe nie!  Njam-njam!   :icon_biggrin:
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Angelica on March 09, 2015, 04:47:43 PM
 :la:
Lekke man, lekke.
Ons kuier by fam in Plett en sy is 'n Afrikaans onderwyseres by 'n Engelse Privaatskool waar sy poog om Afr vir die bloedens interessant te maak. So vertel sy vir ons dat dit haar grensloos irriteer as mense Afrikaanse woorde skryf sonder al die letters..  soos my 'Lekke' hier bo. 
 :kermit:
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: PM on March 11, 2015, 10:24:54 AM
Ek lees vir een van ons gaste die resep "plat aartappelttjies" en haar seuntjie kom loer oor my skouer met die opmerking:
Mamma ek soek ook plat-tappeltjies.   :icon_biggrin:
Hoekom "soek" al die kleingoed?
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Angelica on March 11, 2015, 07:27:21 PM
Ek soek hom daai ertappels..

So kook my boet vir ons 'n Sondagmaal so paar dae gelede:  (Eie skapie)Skaapboud en plat aartappels, onder andere...  'My wereld, se ek, plat aartappels! Eerste keer dat ek dit by iemand anders eet.'
Myne is lekkerder, want ek gooi hom dood met Gremolata. Hy hou so bietjie terug met die kaas. En syne was nie so crispy.
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: PM on April 14, 2015, 10:57:27 AM
Niks lekkerder as skaap met aartappeltjies nie.  Eintlik lieg ek, enigiets met aartappeltjies.

Hoe ken jy die verskil tussen 'n Kapenaar en 'n Transvaler?
Title: Re: Plat aartappeltjies met Gremolata... Heeeerlik.
Post by: Meraai vannie Baai on November 17, 2015, 01:16:46 AM
Kom verslind ek eers weer met die oge. Gewonder wat sal ek by vanaand se visgereg maak. Nou wonder ek nie meer nie   :icon_biggrin:
Ek krap kop oor jou strikvraag PM  :dontknow: Jy sal moet kom vertel wat is die verskil. Geen idee hehee.