Author Topic: Kattekruid/catnip  (Read 17123 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Kattekruid/catnip
« on: October 24, 2014, 09:27:40 AM »
Vandag voel ek effens weerloos, sommer net hartseer oor iets wat ek gelees het. Dit het my laat dink aan Catnip-tee. Pagans gebruik dit o.a. vir vreugde. Dit is 'n tee wat soos Chamomile or St John's Wort 'n mens kalmeer.

Dit proe ook lekker in slaai; kan gebruik word vir koors, omdat dit sweet stimuleer; vir naarheid of 'n omgekrapte maag. Dit is een van die min kruie wat wel deur kinders gebruik kan word (matig).

'n Catnip-aftreksel kan selfs insekte van jou plante weghou of vlooie verdryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #1 on: November 24, 2014, 08:01:34 AM »
Dagsê matertjie.   :love7:  Ek hoop jy voel al vrolik. 

Dankie vir die bydrae, ek sal gaan soek daarvoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #2 on: November 24, 2014, 10:01:13 AM »
Sjoe lekker om te sien hier is weer iemand.

Dankie vir die raad. Ek gaan dit regtig probeer.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #3 on: December 22, 2014, 09:48:50 AM »
 :love7:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #4 on: August 07, 2018, 12:10:10 PM »
Die naam het my hierheen getrek.  Want ek is GROOT op catnip.  Maar nie vir myself nie.  My vier katkinders, alhoewel eintlik net drie.  My oudste een, 16 jaar, sit nie haar mond daaraan nie.  Maar die ander drie love dit.  Saans maak ek hulle toe, na 6, vir hul eie veiligheid.  Hul kry dan elkeen 'n snack, en dan so rukkie daarna hul droee kos, en dan is dit catnip tyd.  Hulle raak behoorlik in 'n beswyming van genot.  En dan krul al vier op my bed op, en skrop nessie.  Hou solank vir mamma haar bed warm en gereed.  My Caesar koningkeiser kat se een voorpoot is geamputeer, al 2 jaar gelede.  Hy leer my daagliks hoe mens nog met groot vreugde deur die lewe op drie bene kan huppel.  Ek huppel saam met my drie bene, die twee slependes en die kruk.  En ou Brutus, die is sonder 'n stert gebore, en is 'n meester balanseerder, stert missing of te not.  En klein Pip het hier aangekom met 'n erge ooginfeksie, sommer so dwalende een dag, al asof hy my adres gesoek het.  En ek het dit met salf en druppels, teen die geloof dat dit gedoen kon word van die veearts, reg gedokter tot 'n normale oog.  Lizzie, die enigste vroutjie onder hulle, het die kuns vervolmaak om uiterste afkeuring en afgryse op haar snipgesiggie ten toon te stel ten opsigte van die drie barbare se maniertjies en uiterste verslawing aan catnip. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #5 on: August 07, 2018, 12:28:24 PM »
Lekker gelees!! Ek ken catnip glad nie. So word mens slimmer by die dag  :book1: :bootyshake:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #6 on: August 07, 2018, 12:44:52 PM »
Ek wil dit eintlik plant, dat hulle die vars een kan kry, maar ek is dan te bang dit trek ander katte aan.  Veral vir my kleine Caesar, beskerm ek maar teen ander katte.  Brutus, sonder stert, het 'n reuse leeutjie geword.  Regte leeugesiggie, geel oe en al!  En hy neem dit op homself om al die ander katte en ons ook te beskerm.  Hy kom nie saans in alvorens al die ander katmaatjies in is nie.  En soggens staan hy eerste by die deur, en niemand gaan uit alvorens hy eers sy rondtes gedoen het en seker gemaak het dis veilig nie.  Die katte is so integrale deel van my lewe, my liefde, en my rede vir nog 'n sleepvoetjie voor die ander sit. 

Ek gebruik maar die droee catnip wat ek by die veearts kry.  Alle katte is mal daaroor, selfs groot katte in die natuur.  Chris moet van tyd tot tyd in die feral katkolonies hier al met die kus langs van hulle vang in vanghokke wat soos 'n wip toegaan snags.  Dan neem hulle die katte om hulle te steriliseer, en kry hulle so chip merkie in die oor.  Om te keer dat die populasie nie handuit ruk nie.  Hy het 'n 80% suskses rate gehad, met catnip in die hok.  Hie hie.  Deesdae het hy 'n 100% suskes rate, met my oondgebakte hoender as aas daarby.  Al die suidkus katte love my hoender!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #7 on: August 08, 2018, 03:15:47 PM »
Ek wil ook 'n Suidkuskat wees!   :icon_biggrin:
Leeupoort is 'n natuur-reservaat, dus mag ons nie diere aanhou nie.  Ongelukkig is hier 'n paar ouens wat hulle nie daaraan steur nie en hulle katte teël dan met die wilde katte. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #8 on: August 08, 2018, 08:07:34 PM »
Die seun van my leef my droom om met die diere te werk.  Maar sonder traan en sorge is so werk ook nie.  Ek moes vanaand erg klankbord speel en baie bemoedig, hulle het 'n uitbreek van Canine disturbia daar, en moes vreeslik baie honde uitsit.  Vir die publiek klink dit wreed, en word maklik klippe na hulle gegooi.  Maar in daardie beroep moet hulle doen wat op lang termyn vir die diere die beste is.  Dit is wat REGTIG 'goed wees vir diere' behels.  Maar hy het sy ma se klein (groot) hart gekry as dit by diere kom.

Ek verstaan katte se siele.  Ek dink in my hart is ek ook maar net 'n groot kat.  Maar my hart is vir alle diere. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #9 on: August 08, 2018, 08:36:59 PM »
Ek is ook 'n kat-mens. Het grootgeword met katte in die huis. Nou is altwee my kinders, my skoonseun en my kleindogter allergies vir katte.
In my hart treur ek...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kattekruid/catnip
« Reply #10 on: August 08, 2018, 09:06:21 PM »
Naas, ek en my wederhelfte spot baie oor en weer en terg mekaar oor die 'ander vrou/man' wat ons sal opvolg na ons afsterwe eendag.  Ek het hom anderdag gesê ek kan nie vir hom sê of die opvolger mooi, ryk of oulik gaan wees nie.  Wat ek egter onbetwisbaar weet, is dat man nr 2 nie alergies vir katte gaan wees nie!  Hie hie.  Maar ernstig, dis 'n feit.  My katte kom so eerste op die hierargielysie hier. 

Hy kla nie, hy mag nie.  Hy het my met 6 katte gekry.  Dit was deel van die 'klousule' met die ja-woord vraag.  Ek kom met baggage.  feline baggage.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!