Author Topic: Vinkel/fennel  (Read 8719 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vinkel/fennel
« on: September 02, 2012, 04:21:10 AM »
In die Griekse metologie word vinkel/fennel met die Griekse god Dionysus (die god van feeste en wyn) geassosieer. 
Dit word vertel dat intelligensie van die gode af kom en bereik die mens deur 'n vinkelstammetjie.
 
Vinkel het magiese kragte, sê die wat weet.  In die middel eeue, gedurende die sonkeerpunt (summer solstice) is hierdie plant by die voordeur geplaas om bose geeste weg te hou. Die saadjies is in die sleutelgat geplaas om seker te maak die geeste kom nie daardeur nie. 

Daar is ook geglo dat slange vinkel/fennel eet om te vervel en dit sou ook hul visie verskerp.  Dit het 'n verjongings effek, help mammas om meer melk te produseer en help met gewigsverlies.
 
Vitamines en minearale:  Vitamin C, vesel, mangaan, potasium, magnesium, kalsium, yster, vatmin B3, ens. 

Dit het antibakteriese eienskappe en help on die imuunstelsel op te bou.  Die bol is 'n belangrike bron vir vesel en help om kolesterol te bekamp. Daar word beweer dat die vesel van hierdie plant kanker voorkom aangesien dit gifstowwe en kankergewasse in die ingewande teëwerk. 
Die kruid is ryk aan potasium - 'n belangrike mineraal wat help om bloeddruk te verlaag wat hartaanvalle kan veroorsaak. 
Die saad, blare en wortel van die vinkel is eetbaar, maar daar is gevind dat die olie-ekstrak van die vinkelsaad, giftig is, al is dit in klein hoeveelhede.  Dit het veluitslag, asemhalingsprobleme en naarheid tot gevolg. 

Behandeling met vinkel:  As gevolg van die versterkende en reinigende kwaliteite wat hierdie plant op die menslike liggaam het, word dit gebruik om wonde, weefselontsteking, (cullulitis) oorgewig, retensie, eliminering van gifstowwe, stink asem en inflamasie van die mond te behandel.  Dit help ook vir n verkoue en verlig hoesbuie.  Kook vinkel blare en asem die stoom in teen asma en brongitis.  Die aftreksel van droeë vinkelsaad voorkom maagpyn en stimuleer die verteringsproses.

Vinkelsaad en -wortel maak die lewer en milt skoon.

Vinkeltee: Maak 'n eetlepel vinkelsaad fyn en kook vir 10 minute in 'n koppie water of melk, laat afkoel en drink twee tot drie koppies elke dag.  Moenie 'n metaalhouer gebruik om enige kruietee in te kook nie.
 
Die tee van vinkelsaad en -blare is goed teen wurms en bakterie. 
Die stroop van vinkel word gebruik teen hoes.
Die olies word gebruik om seep en parfuum mee te maak.

Op plase dien dit 'n goeie doel om vlooie uit die perdestalle en hoenderhokke te hou.
 
Waarskuwings:  Swanger vrouens moet nie vinkeltee gebruik nie.  In groot hoeveelhede stimuleer dit die baarmoeder. 
Vinkel het geen nadeel as dit in kos gebruik word nie.
Mense met 'n sensitiewe vel moet die olie van vinkel vermy.

Spreekwoord:  Vinkel en koljander, die een is nes die ander.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vinkel/fennel
« Reply #1 on: September 02, 2012, 04:24:08 AM »
Hier is 'n foto van vinkel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vinkel/fennel
« Reply #2 on: September 02, 2012, 08:31:46 AM »
Ons het nie 'n voordeur nie (wel 'n sy-deur en 'n agterdeur). Ek het my vinkel by die agterdeur geplant.  :icon_biggrin:

Dit word ook gebruik in rituele vir ekstra moed en selfvertroue. Die saad is vroeër soms in die plek van rys as confetti gebruik vir vrugbaarheid.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vinkel/fennel
« Reply #3 on: September 02, 2012, 08:46:20 AM »
Dankie vir die ekstra inligting Fransi.  Ek waardeer.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vinkel/fennel
« Reply #4 on: September 02, 2012, 11:32:13 AM »
Ek slurp die inligting behoorlik op!!