• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

by die voete van 'n engel

Started by adele, June 29, 2014, 11:29:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele


hy wou op prinse nie vertrou
en bedwelmd proe aan die soet
vir aardse besittings nie
word dit van hom weggeneem
en sy liefdeskruk
en geloofspilare wankel
hoor hy 'n koor weer sing...
moet op mense jou hoop nie bou nie
gaan staan hy langs 'n braambos
ruik hy bas en blaar wat ongeskonde
in rook en vlamme hang
hy sien 'n stuk growwe hout
met klam kolle donkerrooi gevlek
maar by die voete van 'n engel
voel hy aan droë grafdoeke
en weet hy met dankbaarheid
vir sy liefde in Christus
word hy met Ewige heerlikheid beloon
adéle  :grommit:

Fransi

Besonderse beelde. Goed geskryf.

PM

Ek weet nie hoekom hierdie gedig my oë in trane laat swem nie!  Dalk omdat dit sag, onhoorbaar, tot my siel spreek! 
Om te weet is om te verstaan.

adele

  :love5:  by gebrek aan blomme vir julle ... dankie baie
adéle  :grommit: