Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 29, 2014, 10:29:36 AM

Title: by die voete van 'n engel
Post by: adele on June 29, 2014, 10:29:36 AM

hy wou op prinse nie vertrou
en bedwelmd proe aan die soet
vir aardse besittings nie
word dit van hom weggeneem
en sy liefdeskruk
en geloofspilare wankel
hoor hy ’n koor weer sing…
moet op mense jou hoop nie bou nie
gaan staan hy langs ’n braambos
ruik hy bas en blaar wat ongeskonde
in rook en vlamme hang
hy sien ’n stuk growwe hout
met klam kolle donkerrooi gevlek
maar by die voete van ’n engel
voel hy aan droë grafdoeke
en weet hy met dankbaarheid
vir sy liefde in Christus
word hy met Ewige heerlikheid beloon
Title: Re: by die voete van 'n engel
Post by: Fransi on July 01, 2014, 08:56:28 AM
Besonderse beelde. Goed geskryf.
Title: Re: by die voete van 'n engel
Post by: PM on July 06, 2014, 10:50:03 AM
Ek weet nie hoekom hierdie gedig my oë in trane laat swem nie!  Dalk omdat dit sag, onhoorbaar, tot my siel spreek! 
Title: Re: by die voete van 'n engel
Post by: adele on July 08, 2014, 06:22:39 PM
  :love5:  by gebrek aan blomme vir julle ... dankie baie