• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat GROENBONE

Started by Terry, December 18, 2013, 09:24:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Hou jy van groenbone en het jy 'n spesiale resep?

Kom deel gerus jou wenke en resepte.

Kom ons praat GROENBONE   :toothy4:

Fransi

Ek hou daarvan om spek of feta by dit te sit. Heerlik. :-)

PM

En hier is ek ook.   :icon_biggrin:

Ons is baie lief vir groenbone.  Ek kook dit maar nog op die ou boere manier, ertappels en uie.  Ons is egter baie lief vir enige gaarmaakmetode. 

Hier in NZ kos die groenbone tussen $4 en $4.50 vir 'n klein pakkie.  Nie sleg as jy $'s het nie, maar met ons Rand is dit effens duur. 
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Ek hou van die ou manier van groenbone gaarmaak, maar ek hou van my romerige, kaserige bone.  Ek kook dit dieselfde manier, met baie witpeper, halwe koppie room en een koppie gerasperde cheddar.

Wat ek volgende keer gaan probeer is dieselfde maar net met crispy stukkies spek in.  Dankie Fransi, dit klink heerlik.

Ek het gisteraand vir ons kerriebone gemaak en hier is my resep:

700g gesnyde groenbone
3 gekapte uie
1 & 1/2 koppies suiker
1 koppie wit asyn
2 eetlepels kerriepoier
1 eetlepel turmeric
2 eetlepels maizena gemeng met bietjie water
sout na smaak

Metode:
Braai die uie tot sag en voeg dan die bone by.  Braai vir nog so 10 minute, roer heeltyd. 
In 'n souspan meng die res van die bestanddele en laat dit kook tot die suiker opgelos is.
Gooi die sous oor die bone en uie en braai vir nog so 5 minute.
Laat dit afkoel en sit in 'n glashouer in die yskas.

Hieronder is 'n foto van my kerriebone.

Jeannedarc

I loved my mom's beans - sliced in thin slivers and then cooked with onions tomato and potato, salt and white pepper and mashed when cooked. lovely when hot but so much tastier icecold on a piece of toast.

I'm not much for cooking with cream but stringy green beans roasted with a generous amount of garlic and prosciuttu and jalapeno in olive oil until crispy and then add the cream and simmer for about 5mins. yummy

Meraai vannie Baai

My skoonma het altyd so lekker vet skaaptjoppie by haar groenbone, aartappels en uie in die pot gesit. Oe wereld mens wens jy mag jou vingers afgelek het uit dankbaarheid  :toothy4: Dan het sy ook 'n klein bietjie bakpoeier ingegooi nadat dit fyngedruk was en eendag het daar per ongeluk Wim in plaas van bakpoeier in die pot belanne - dit was pure begrafnis-droefnis  :crybaby2:

PM

Ek glo jou!   :crybaby2:
My ouma het met daardie sak boontjies gesit en dit met 'n lemmetjie gekerf.  Haarfyn seg ek vir u.  :love7:
Sy het dit ook al ses uur in die oggend op die koolstoof gesit met daardie skaaptjoppie in.  Hoe water my mond nou!
Jelly was natuurlik deel van die nagereg.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My ouma het ook so gesit en kerf. Kon my altyd verkyk hoe behendig sy die een puntjie afsny en dan trek sy daai nerfie so. Die krulletjies wat dit maak as sy dit neersit was vir my elke keer 'n 'treat' opsigself  :icon_biggrin:

PM

Ek dink nie vandag se groenbone het sulke krulletjies nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Daai soort bone was nog varsgepluk en kraakvars uit pagoed se tuin.

Naas

Vrek, nou is ek honger maar kan nie die skaaptjoppie bekostig nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#11
Ons was Pretoria toe en gister terug gekom.  Stap ons by die vleismark in Foodloversmarket in Brits verby.  Vra die swartman of hy my kan help.  Seg ek vir hom:  nee dankie, ek kan nie meer bekostig om te koop nie, ek kyk maar net.  Ek dink hy het presies geweet waarvan ek praat!

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Waar gaan dit heen?  Hier by ons is skaaptjoppies op pad na R200/kg. Dis freeken belaglik. Was nie lank terug nie wat het geweier het om vleis te koop wat meer as R20/kg was. Die inflasie van veral vleispryse is ver bo die 6% wat die regering voorhou.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is regtig erg.  Ons het 'n stukkie "ribeye" gaan soek, maar teen R270.00 per kilogram het ons besluit dit is nie die moeite werd nie. 
Ek gebruik "ghee" om my kos in gaar te maak.  'n Maand voor kersfees was dit R200.00 vir een en 'n half kilogram by Pick and Pay.  Net voor kersfees was dit R250.00. Dit is darem 'n geweldige verhoging, maar dit wys jou maar hoe duur betaal 'n mens vir kersfees.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek hou vol dat ons dit aan onsself doen. Mense kyk nie na die pryse nie en gooi net in die mandjie omdat dit is wat hulle wil he. Solank as wat die goed van die rak af verkoop sal daai pryse styg.
Ek is maar net een, maar ek ís een.