• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soet mielietert vir 6 eters

Started by PM, December 04, 2013, 04:09:08 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit werk heerlik vir 'n soet groente.

Mielietert

60ml meelblom
15ml bakpoeier
knippie sout
60ml suiker
60ml margarien
4 eiers
2 blikke roommielies
Sif meelblom, bakpoeier en sout
saam.
Meng margarien en suiker. Klits
eiers en voeg by margarienmengsel.
Gooi mielies by en meng goed.
Roer droe bestanddele by en meng
goed.
Gooi mengsel in gesmeerde
oondskottel en bak 1 uur by 180C.
Om te weet is om te verstaan.

Terry


PM

Ek het al die resep vir 'n kleiner gereg geplaas, maar dit is asof die bak alewig te groot wil wees vir die minder bestanddele.  Hierdie een is regtig sappig en smaaklik.  Die kleingoed is ook mal daaroor, want dit is mos soet!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

Mmm, ek het 'n spesmaas dat, as mens ertjies hierby sou voeg; . . . wel ek lief ertjies en ek dink net dit sal bietjie lekker wees. ek dink mens kan dit omskep in 'n souffle, 'n Souffle hoef mos nie sout te wees nie.

PM

Nou praat jy.  Maak 'n proeflopie en kom deel die resep.  Dit klink heerlik en ek het altyd 'n probleem om 'n soet gereg voor te sit. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek dink ek sal more hierdie resep probeer met ertjies daarby.  Dit behoort net lekkerder as lekker verby te wees.  Dink julle dat een blikkie roommielies en een blikkie ertjies die ding kan doen?
Om te weet is om te verstaan.