Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groente => Topic started by: PM on December 04, 2013, 04:09:08 AM

Title: Soet mielietert vir 6 eters
Post by: PM on December 04, 2013, 04:09:08 AM
Dit werk heerlik vir 'n soet groente.

Mielietert

60ml meelblom
15ml bakpoeier
knippie sout
60ml suiker
60ml margarien
4 eiers
2 blikke roommielies
Sif meelblom, bakpoeier en sout
saam.
Meng margarien en suiker. Klits
eiers en voeg by margarienmengsel.
Gooi mielies by en meng goed.
Roer droe bestanddele by en meng
goed.
Gooi mengsel in gesmeerde
oondskottel en bak 1 uur by 180C.
Title: Re: Soet mielietert vir 6 eters
Post by: Terry on December 04, 2013, 08:28:27 AM
Dit klink baie lekker.
Title: Re: Soet mielietert vir 6 eters
Post by: PM on December 04, 2013, 10:12:27 PM
Ek het al die resep vir 'n kleiner gereg geplaas, maar dit is asof die bak alewig te groot wil wees vir die minder bestanddele.  Hierdie een is regtig sappig en smaaklik.  Die kleingoed is ook mal daaroor, want dit is mos soet!   :icon_biggrin:
Title: Re: Soet mielietert vir 6 eters
Post by: Jeannedarc on December 05, 2013, 09:38:23 AM
Mmm, ek het 'n spesmaas dat, as mens ertjies hierby sou voeg; . . . wel ek lief ertjies en ek dink net dit sal bietjie lekker wees. ek dink mens kan dit omskep in 'n souffle, 'n Souffle hoef mos nie sout te wees nie.
Title: Re: Soet mielietert vir 6 eters
Post by: PM on December 05, 2013, 11:41:14 PM
Nou praat jy.  Maak 'n proeflopie en kom deel die resep.  Dit klink heerlik en ek het altyd 'n probleem om 'n soet gereg voor te sit. 
Title: Re: Soet mielietert vir 6 eters
Post by: PM on August 21, 2015, 10:37:16 PM
Ek dink ek sal more hierdie resep probeer met ertjies daarby.  Dit behoort net lekkerder as lekker verby te wees.  Dink julle dat een blikkie roommielies en een blikkie ertjies die ding kan doen?