• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Man in die Stofpad

Started by Ans Botha, November 03, 2013, 02:09:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

met moeë tree sleep hy traag vorentoe
terwyl sweet en stof
paadjies streep oor sy gelaat
rughand hy 'n modderstreep oor sy wang

son brand fel neer op sy uitgehongerde liggaam
voor hom sien hy stoom lug op uit stofpad verdamp
in verte verbeel hy hom ‘n waterpoel
lek hy oor sy droeë lippe wat vol stof in sy mond beland

‘n dreuning kom met volle vaart hom verby
gooi ‘n wavrag sand oor sy reeds vuil bestofde liggaam neer
moeg en dors ruil hy baalsak en geweer van skouer
opgewonde om hom in waterpoel te reinig.

teleurgesteld, moeg en uitgeput sak hy op sy knieë neer
hortend ruk droë snikke uit sy keel
sy laaste hoop daarmee heen
vind sy hom tog einde ten laas
in die stofpad

© ANS BOTHA

Ans Botha

Help 'n bietjie hierdie gedig regkom asb vriende!!

Fransi

Dit is 'n baie beeldende gedig.

Miskien kan jy dalk net let op:

vel=fel
en droeë=droë

Ans Botha

Dankie Fransie ek het reggemaak.

Fransi

:-) Dit lyk maar asof dit baie stil op die forum is vir die oomblik.

Ans Botha

Is dit nie maar omdat die feestyd nader kom en almal dalk te besig is met afsluitings parytjies nie?

adele

ek hou nogal van woord-ekonomie, Ans, miskien kan jy jou reëls korter bedink ... herhaling vermy

met moeë treë sleep hy vorentoe
en terwyl sweet en stof
paadjies streep oor sy gelaat
rughand hy 'n modderstreep oor sy wang ....

sommer net 'n gedagte...

:grommit:


adéle  :grommit:

Ans Botha

dit was juis oor die lang reëls wat ek onseker oor was adele. Ek gaan die gedig weer oor en jou idees inpas en kyk hoe werk dit. Baie dankie.

PM

Dit is 'n baie mooi gedig Ans.  Sodra jy dit oordink en verander het sal ek my inset lewer.  Adéle se inset is uitstekend.
Dankie Fransi, ook vir jou hulp. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

#9
met moeë tree sleep hy traag vorentoe
sweet en stof
streep paadjies oor sy gelaat
hy rughand ‘n modderstreep oor sy wang

son brand fel neer oor sy liggaam
voor hom mirage’n waterpoel
hy lek oor sy droë lippe
net om stof te sluk

‘n dreuning vaart by hom verby
‘n wavrag sand sif op hom neer
moeg en dors laat glip hy balsak en geweer
opgewonde om homself te reinig

teleurgesteld sak hy op sy knieë neer
hortend ruk droë snikke uit sy keel
sy laaste hoop daarmee heen
so vind sy hom ten einde laaste
knielende in die stofpad.

Ans Botha


PM

Dit is baie meer woord ekonomies Ans. 

Dalk kan jy hier "by" byvoeg
'n dreuning vaart by hom verby

Toe ek die gedig die eerste keer gelees het, het ek die indruk gekry dat sy hom dood aangetref het.  Met die woord "knielende" in die laaste versreel, skep dit vir my die indruk dat hy nog leef. 

Ek sal graag wil hoor wat s^e die ander lesers daarvan. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek het dit so verander. Ek sal ook graag wil hoor wat sie die ander hiervan.

Jeannedarc

ek het verstaan dat hy knielend in die stofpad gesterf het but it is open to interpretation. he might just be kneeling, too tired, emotionally too broken to stand.
ek kry die prentjie in my gedagtes. goed.

PM

Dankie Natalie.  Dit is altyd goed as 'n mens meer as een interpretasie kry.  Vir my was dit 'n verrassende einde, half skokkend.

Ans, jy kan self besluit hoe jy dit wil skryf matertjie.  Wat ookal jy verkies sal werk. 

Om te weet is om te verstaan.