Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on November 03, 2013, 02:09:00 PM

Title: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 03, 2013, 02:09:00 PM
met moeë tree sleep hy traag vorentoe
terwyl sweet en stof
paadjies streep oor sy gelaat
rughand hy 'n modderstreep oor sy wang

son brand fel neer op sy uitgehongerde liggaam
voor hom sien hy stoom lug op uit stofpad verdamp
in verte verbeel hy hom ‘n waterpoel
lek hy oor sy droeë lippe wat vol stof in sy mond beland

‘n dreuning kom met volle vaart hom verby
gooi ‘n wavrag sand oor sy reeds vuil bestofde liggaam neer
moeg en dors ruil hy baalsak en geweer van skouer
opgewonde om hom in waterpoel te reinig.

teleurgesteld, moeg en uitgeput sak hy op sy knieë neer
hortend ruk droë snikke uit sy keel
sy laaste hoop daarmee heen
vind sy hom tog einde ten laas
in die stofpad

© ANS BOTHA
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 03, 2013, 02:09:34 PM
Help 'n bietjie hierdie gedig regkom asb vriende!!
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Fransi on November 04, 2013, 09:17:21 AM
Dit is 'n baie beeldende gedig.

Miskien kan jy dalk net let op:

vel=fel
en droeë=droë
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 04, 2013, 10:45:46 AM
Dankie Fransie ek het reggemaak.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Fransi on November 04, 2013, 03:39:26 PM
:-) Dit lyk maar asof dit baie stil op die forum is vir die oomblik.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 04, 2013, 05:25:30 PM
Is dit nie maar omdat die feestyd nader kom en almal dalk te besig is met afsluitings parytjies nie?
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: adele on November 04, 2013, 05:52:07 PM
ek hou nogal van woord-ekonomie, Ans, miskien kan jy jou reëls korter bedink ... herhaling vermy

met moeë treë sleep hy vorentoe
en terwyl sweet en stof
paadjies streep oor sy gelaat
rughand hy 'n modderstreep oor sy wang ....

sommer net 'n gedagte...

 :grommit:


Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 04, 2013, 06:28:09 PM
dit was juis oor die lang reëls wat ek onseker oor was adele. Ek gaan die gedig weer oor en jou idees inpas en kyk hoe werk dit. Baie dankie.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: PM on November 07, 2013, 09:09:22 AM
Dit is 'n baie mooi gedig Ans.  Sodra jy dit oordink en verander het sal ek my inset lewer.  Adéle se inset is uitstekend.
Dankie Fransi, ook vir jou hulp. 
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 11, 2013, 03:59:18 PM
met moeë tree sleep hy traag vorentoe
sweet en stof
streep paadjies oor sy gelaat
hy rughand ‘n modderstreep oor sy wang

son brand fel neer oor sy liggaam
voor hom mirage’n waterpoel
hy lek oor sy droë lippe
net om stof te sluk

‘n dreuning vaart by hom verby
‘n wavrag sand sif op hom neer
moeg en dors laat glip hy balsak en geweer
opgewonde om homself te reinig

teleurgesteld sak hy op sy knieë neer
hortend ruk droë snikke uit sy keel
sy laaste hoop daarmee heen
so vind sy hom ten einde laaste
knielende in die stofpad.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 11, 2013, 04:03:33 PM
Hoe lees hy nou vir julle?
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: PM on November 12, 2013, 09:27:05 AM
Dit is baie meer woord ekonomies Ans. 

Dalk kan jy hier "by" byvoeg
‘n dreuning vaart by hom verby

Toe ek die gedig die eerste keer gelees het, het ek die indruk gekry dat sy hom dood aangetref het.  Met die woord "knielende" in die laaste versreel, skep dit vir my die indruk dat hy nog leef. 

Ek sal graag wil hoor wat s^e die ander lesers daarvan. 
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 12, 2013, 01:45:35 PM
Ek het dit so verander. Ek sal ook graag wil hoor wat sie die ander hiervan.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Jeannedarc on November 13, 2013, 03:51:36 PM
ek het verstaan dat hy knielend in die stofpad gesterf het but it is open to interpretation. he might just be kneeling, too tired, emotionally too broken to stand.
ek kry die prentjie in my gedagtes. goed.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: PM on November 13, 2013, 04:10:42 PM
Dankie Natalie.  Dit is altyd goed as 'n mens meer as een interpretasie kry.  Vir my was dit 'n verrassende einde, half skokkend.

Ans, jy kan self besluit hoe jy dit wil skryf matertjie.  Wat ookal jy verkies sal werk. 

Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 13, 2013, 04:27:38 PM
Dankie vriende ek waardeer julle insette.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 13, 2013, 04:29:59 PM
PM wat dink jy as ek tog in die laaste strofe "sy laaste hoop daarmee heen" inbring? Gaan dit saak maak as die laaste strofe dan 5 versreëls gaan he?
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: PM on November 13, 2013, 04:33:44 PM
Dit werk vir my Ans.  Dit skep ook die indruk dat hy moed opgegee het van pure uitputting. 
Dit is 'n baie mooi gedig. 
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 13, 2013, 04:44:51 PM
Dankie PM ek het ook gedink dit klink en lees beter met daardie reel in die gedig. Dankie baie almal
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: adele on November 21, 2013, 10:23:01 PM
ek hou nou baie van ...

 :grommit:
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Anicia on November 22, 2013, 08:05:44 AM
Sjoe, ek kan sommer die man se moeilike stryd voel! Baie mooi geskryf.
Title: Re: Man in die Stofpad
Post by: Ans Botha on November 22, 2013, 03:22:22 PM
Dankie Anicia ek waardeer elke bietjie kommentaar.