Hallo Maatjies
Ek het sommer so vinnig gaan brander ry op die web en die volgende opgespoor. Miskien help dit so effens.
Lesinhoud
Punktuasie/leestekens
Die punt (.)
Aan die einde van sinne (wat nie ’n vraagteken of uitroepteken kry nie).
By afkortings, bv. met ander woorde > m.a.w. – die afkorting bestaan uit die
eerste letter van elke woord en kry ’n punt na elke letter voorbeeld > vb. – die
afkorting bestaan uit twee letters uit dieselfde woord en die punt kom dus aan
die einde.
Letterwoorde / Akronieme kry nie punte nie.
BAIE MIN hoofletters wat enkel staan as afkortings, kry ’n punt. (Lees in die
woordeboek)
Afkortings wat uit twee of meer hoofletters bestaan, kry nie punte nie.
DIE VRAAGTEKEN (?)
Na ’n direkte vraag: Het jy jou werk geleer? MAAR:
Ek vra of jy jou werk geleer het. > kry ’n PUNT, want dis
’n indirekte vraag.
DIE KOMMAPUNT (;)
Dui ’n ruspunt aan wat korter is as ’n punt s’n, maar langer is as dié van ’n
komma.
Skei gewoonlik twee sinne wat nie met ’n punt van mekaar gehou word nie.
Bv. Hy is gaaf; sy is vriendelik; tog is hulle ongelukkig.
Die inhoud van die twee sinne pas bymekaar.
Voor die voegwoorde in groep 2: dus, derhalwe, daarom, gevolglik, tog.
Bv. Sy is siek; dus (derhalwe, daarom, gevolglik) is sy dokter toe.
Tussen twee sinne waar die voegwoord weggelaat is.
Bv. Die muur het omgeval; die storm was sterk.
DIE DUBBELPUNT (:)
Voor woorde wat ’n verduideliking is van die sin/sinsdeel wat voor die
dubbelpunt staan.
Bv. Wanneer ek aan my onderwyser dink, dink ek aan een eienskap:
hardwerkend.
Die hoof wil die volgende leerders sien: Mpume, Sunny en Farnaaz.
By die direkte rede.
Bv. Die hoof sê: “Ek wil Mpume, Sunny en Farnaaz sien.”
DIE UITROEPTEKEN (!)
By waarskuwings en bevele.
Wanneer ons ’n gevoel uitspreek, bv. van bly wees, ontsteld wees en kwaad
wees.
●
LC G10 AFRIKAANS.indb 130 2008/08/13 02:03:51 PM
131
AANHALINGSTEKENS (“ ... ”)
By die direkte woorde by die direkte rede.
Wanneer ’n vraag in ’n toets/eksamen vra: Haal die woord/sin aan wat sê ...
DIE KOMMA (,)
Wanneer ’n paar goed genoem word, bv. name van mense/diere/dinge (s.nwe.)
of beskrywende woorde (b.nwe.).
Wanneer ons iets meer sê van die onderwerp, bv. My vriend, Stephan, sê ek is
snaaks./Stephan, my vriend, sê ek is snaaks.
Na, voor en na of net voor die naam van die persoon met wie ek praat.
Bv. Stephan, ons wil met jou praat.
Ons wil met jou, Stephan, praat.
Ons wil met jou praat, Stephan.
Voor of na woorde wat ek invoeg in ’n sin.
Bv. Asseblief, jy moet my help. Jy moet my help, asseblief.
Volgende week, dink ek, sal ek reg wees vir die toets.
Tussen twee werkwoorde wat by verskillende sinne of sinsdele pas.
Bv. Die meisie wat daar loop, is my suster.
Tussen twee voegwoorde.
Bv. Ek dink dat, as ek hard leer, ek ’n onderskeiding in Afrikaans gaan kry.
Voor voegwoord 3, omdat, indien die sinsdeel na die voegwoord ’n
bywoordelike sinsdeel is.
Dus, na omdat verduidelik ek verder / vertel meer van die werkwoord:
Bv. Hy wil my help (ww.: hoekom?), omdat ek hom met wiskunde gehelp het.
Wanneer ’n sin met ’n voegwoord begin:
Vgw. SUBJ OBJ VERB(S), VERB SUBJ OBJ VERB.
NB: Die enigste voorbeeld waar daar ’n komma voor die voegwoord (groep 1),
en, is:
Stephan slaap permanent, en sy vriende kuier altyd. > ’n komma voor en as
die twee onderwerpe (Stephan / sy vriende nie dieselfde is nie.)
Voor voegwoord groep 3, sodat. Bv. Stephan moet minder begin slaap, sodat
die lewe nie net by hom verbygaan nie.
GEEN KOMMA TUSSEN VOORNAAMWOORDE NIE:
Gaan ons ons toetse more terugkry?
DIE HAKIES ( )
Voor en na informasie wat ek inlas.
Bv. ’n Maand gelede (Januarie) het ek nog baie gesukkel met Afrikaans.
DIE ELLIPS (…)
Waar ons woorde uit ’n sin weglaat: aan die begin, in die middel of aan die
einde van ’n sin.
●
LC G10 AFRIKAANS.indb 131 2008/08/13 02:03:51 PM
132
Die drie kolletjies staan dan in die plek van die woorde wat weggelaat is. Ons
los hierdie woorde oor aan die verbeelding van die leser.
DIE AANDAGSTREEP ( – )
Wanneer ek ’n sin afbreek en weer aangaan.
Bv. Ek wil jou vertel van – wag, laat ek eers koeldrank ingooi.
Voor ’n laaste opmerking wat jy nog wil maak na ’n volsin.
Bv. Ek het na vyf uur in die winkels tuisgekom – sonder enige inkopies!
Voor en na ’n verduideliking, uitroep, opmerking tussenin, ensovoorts wat jy in
die middel van die sin invoeg.
Bv. Ek het – soos ek jou vertel het – niks in die winkels gesien nie.
Die vraestel waarvoor ek die bangste was – Afrikaans – was maklik.
Na of voor ’n verdere verduideliking van die onderwerp waaroor jy skryf.
Bv. Het ek jou al hierdie storie vertel – die nuwe liefde in my lewe?
Die nuwe liefde in lewe – het ek jou al daarvan vertel?
Voor woorde wat jy herhaal vir die effek of omdat jy dit wil beklemtoon.
Bv. Die winterwind was koud – yskoud en snerpend.
In hierdie klas – hier het ek bloed gesweet met die Afrikaans.