Author Topic: Ou man  (Read 2033 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Ou man
« on: October 15, 2013, 04:24:17 PM »
Dis 'n koue dag, 'n Maandag. 'n Koue wind forseer hom oral in.

Op 'n bankie sit hy, 'n baie ou man, in die klein hoekie son wat by sy geroeste sinkhokkie in skyn. Sy wit hande, soos bruin leer, deur die son gebrei. Jare se swaarkry het nationale paaie, nie plooie nie oor sy harde gesig en lyf getrek.  Groot hande en gebarste groot vingers getuig van harde arbeid jare lank onder meedoёnlose base van genadelose maatskappye in 'n wrede selfsugtige land.

Met kil blou oё staar hy die skadu's van sy blyplek in, sy wit vel suig die dag se laaste bietjie son na binne. Dan hoor hy dit raas, en hy voel dit pyn, sy honger word sy baas.

Sy oё fokus, reuk verskerp, blitsvinnig skiet sy geoefende vingers die skerp knipmes oop. Staal sterk sening arms skiet die mes soos 'n bliksem straal die skaduwee binne, die stilte gebreek deur 'n dowwe plofgeluid.

Die ou man se mond vol kwyl, trane in sy blou oё, sy dankbaarheid sigbaar. Vinnig is daar 'n vuurtjie. Haastig word die prooi geslag, sagte vars vlees word gesout, gebraai, verslind. Nog een minder rondloper, 'n dankbare ou man met 'n vol maag, genadiglik 'n rustige nagrus, tevredenheid amper tasbaar.

                                                                                  *            *             *

Dis 'n koue dag, 'n Dinsdag. 'n Koue wind forseer hom oral in. Op 'n bankie sit hy, 'n baie ou man, in die klein hoekie son wat by sy geroeste sinkhokkie in skyn. Hy wag geduldig, die lokaas vroeg reeds reg.

Sy honger soos 'n reuse monster binne hom aan die groei. Sy eenvoudige hokkie binne mooi versier, snoesig gemaak deur veelkleurige pelse van honderde katte. Hy fokus op die oopgemaakte blikkie goedkoop katkos, lokaas.

In die skaduwee word die honger oё van n kat sigbaar. Stadig sluip hy nader aan die lekker happie. Opgewonde blou oё glimlag blymoediglik. Skielik vlieg 'n mes soos die dood, akkuraat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10723
  • Gender: Female
Re: Ou man
« Reply #1 on: October 15, 2013, 04:38:28 PM »
Baie welkom Rainier.  Amper dink ek die ou man is 'n mensvreter!   :icon_biggrin: Baie goed geskryf, dankie vir die deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Ou man
« Reply #2 on: October 15, 2013, 07:57:43 PM »
Dankie, ek het gedink wat 'n honger desperate persoon sal doen om te oorleef, niemand is te goed om deur onvoorspelbare noodlot getref te word nie.Ek het dit ongeveer 2 jaar gelde geskryf vir my kinders, om te demonstreer dat selfs Afrikaners swaar kan kry.
« Last Edit: October 16, 2013, 06:57:39 PM by Rainier »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10723
  • Gender: Female
Re: Ou man
« Reply #3 on: October 16, 2013, 08:22:18 AM »
Dit laat my dink aan die vliegtuig wat in die Andesgebergtes geval het.  'n Mens kan nie saampraat voor jy dit nie self werklik ervaar het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ou man
« Reply #4 on: October 16, 2013, 04:36:45 PM »
Dit is waar wat jy daar se Rainier. Ons is nie een gevrywaar van daardie lewe nie. Al wat ons kan doen is om op ons kniee staande te bly. Dit is net jammer dat meeste van die mense wat in hierdie posisie beland, begin goedkoop drank te gebruik, en voor hulle hulle kan kry is hulle drankverslaafdes en so volg die res ook en dan wil hulle later maar net bly waar hulle is. Dankie Rainier die stuk het my waarskuwingssensor aangeskakel.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Ou man
« Reply #5 on: October 16, 2013, 06:56:04 PM »
Ans, jy is so reg. Dis hartseer dat ons in so 'n ryk en groot land woon, waar mense genoeg behoort te kry van alles, maar waar sekere "leiers" geweld aanblaas en goeie werks etiek afmaak as onnodig, en verwag dat generasies mense se vrug van harde arbeid en beplanning net eenvoudig oorhandig moet word, aan massas wat dit in elke geval nooit sal waardeer of verstaan nie.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ou man
« Reply #6 on: October 16, 2013, 09:05:59 PM »
Gaan kyk na my gedig "Die Boemelares" Dit is 'n ware verhaaltjie in gedig vorm daardie.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Ou man
« Reply #7 on: October 17, 2013, 10:49:34 AM »
Dit laat mens sommer hartseer voel. Mooi saamgestel.