• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Spykerkaskenades

Started by PM, September 12, 2013, 04:29:07 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit is nou hoe Beaufort Wes se insleepdiens lyk.

Om te weet is om te verstaan.

PM

#1
Man, dit was nou 'n langdradige storie, die pad is lank en swaar.  Die drywer moes eers stilhou vir 'n versnappering, maar die kalant het so geskree, dit was tyd vir aanstryk.



Om te weet is om te verstaan.

PM

Op 'n afstand het Speurder Reuker die petalje aanskou.



Om te weet is om te verstaan.

PM

"Hierdie storie raak nou holrug gery" sê Speurder Reuker toe hy sien die arme drywer se tong hang al uit. 

Om te weet is om te verstaan.

PM

#4
Speurder Reuker gryp toe in.  Hy steur hom niks aan die vuil kyk wat hy kry nie.

Om te weet is om te verstaan.

PM

Toe besluit die agterryer dat 'n koue stort beter sal wees as om vir Speurder Reuker teen te gaan. 

Om te weet is om te verstaan.

AB


Fransi

 :icon_biggrin: Ook nou breed geglimlag.

PM

Ek is bly ek kon die stukkie pret met julle deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Rainier

Ek hou van die geraas (geluide) wat die mannetjies maak, as hulle die klas spelletjies speel, soms oordryf hulle bietjie dan wil my kinders (die kleintjies) huil, omdat hulle dink die ou is in pyn.  :sign10:

AB

ek kan glo dit kan 'n gekreun en steun afgee.

PM

Ja-nee,  dit is nie maklik om so 'n insleepdiens te bestuur nie.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

2013 Se kaskenades in fotos gevang. Hierdie eiers het sekr lankal uitgebroei.  :pottytrain2:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Lank gelede se spykerkaskenades nadat ek twee pikkewyne gesien bou het aan 'n nageslag.

Spykerkaskenades

Jy wat manel dra,
ek lag vir jou in my hand
as jy so sukkel om bo te bly,
met vlerke wat wild swaai en
'n stertjie wat wikkel
van kant tot kant.

Met daai stomp bek
gryp jy vashou plek
en ek is verbaas dat jy
so lank bo kan bly.

Vroulief sit gedwee en staar
na die velde tot wie weet waar.
Sy is gládnie verwonner nie
as jy sommer net so áf donner nie.

As jy opspring en voor haar kom staan,
skud jy daai vlerke wel gedaan.
Dan gooi ek my kop agteroor en lág,
nou kan ons net wag vir die nageslag.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Dit vat die slak drie dae om vanaf die voordeur tot bo-op die aanklagtetoonbank te kom.
Kan ons help? Vra konstabel
Ja, se slak. Ek wil 'n verkragting aanmeld.
Wanneer het die verkragting gebeur?
Drie dae terug.
Waar het dit gebeur.
Hier voor in die tuin.
Wie is verkrag?
Ek.
Wie was die verkragter?
Twee ander slakke.
Sal jy hulle kan uitken?
Nee.
Hoekom nie?
Want dit het te vinnig gebeur.

:mumum: