Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on September 12, 2013, 03:29:07 PM

Title: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 12, 2013, 03:29:07 PM
Dit is nou hoe Beaufort Wes se insleepdiens lyk.

Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 12, 2013, 03:37:09 PM
Man, dit was nou 'n langdradige storie, die pad is lank en swaar.  Die drywer moes eers stilhou vir 'n versnappering, maar die kalant het so geskree, dit was tyd vir aanstryk.



Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 12, 2013, 03:41:55 PM
Op 'n afstand het Speurder Reuker die petalje aanskou.



Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 12, 2013, 03:45:21 PM
"Hierdie storie raak nou holrug gery" sê Speurder Reuker toe hy sien die arme drywer se tong hang al uit. 

Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 12, 2013, 04:08:05 PM
Speurder Reuker gryp toe in.  Hy steur hom niks aan die vuil kyk wat hy kry nie.

Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 12, 2013, 04:26:45 PM
Toe besluit die agterryer dat 'n koue stort beter sal wees as om vir Speurder Reuker teen te gaan. 

Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: AB on September 12, 2013, 09:32:27 PM
lekker lag ek nou
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: Fransi on September 13, 2013, 01:26:33 AM
 :icon_biggrin: Ook nou breed geglimlag.
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 13, 2013, 08:46:09 AM
Ek is bly ek kon die stukkie pret met julle deel. 
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: Rainier on October 19, 2013, 07:55:04 PM
Ek hou van die geraas (geluide) wat die mannetjies maak, as hulle die klas spelletjies speel, soms oordryf hulle bietjie dan wil my kinders (die kleintjies) huil, omdat hulle dink die ou is in pyn.  :sign10:
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: AB on October 20, 2013, 07:21:51 AM
ek kan glo dit kan 'n gekreun en steun afgee.
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on October 21, 2013, 10:28:23 AM
Ja-nee,  dit is nie maklik om so 'n insleepdiens te bestuur nie.   :toothy4:
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: Naas on August 15, 2018, 03:44:18 AM
2013 Se kaskenades in fotos gevang. Hierdie eiers het sekr lankal uitgebroei.  :pottytrain2:


Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on August 16, 2018, 12:28:57 PM
Lank gelede se spykerkaskenades nadat ek twee pikkewyne gesien bou het aan 'n nageslag.

Spykerkaskenades

Jy wat manel dra,
ek lag vir jou in my hand
as jy so sukkel om bo te bly,
met vlerke wat wild swaai en
‘n stertjie wat wikkel
van kant tot kant.

Met daai stomp bek
gryp jy vashou plek
en ek is verbaas dat jy
so lank bo kan bly.

Vroulief sit gedwee en staar
na die velde tot wie weet waar.
Sy is gládnie verwonner nie
as jy sommer net so áf donner nie.

As jy opspring en voor haar kom staan,
skud jy daai vlerke wel gedaan.
Dan gooi ek my kop agteroor en lág,
nou kan ons net wag vir die nageslag.
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: Assie on September 08, 2021, 01:36:04 AM
Dit vat die slak drie dae om vanaf die voordeur tot bo-op die aanklagtetoonbank te kom.
Kan ons help? Vra konstabel
Ja, se slak. Ek wil 'n verkragting aanmeld.
Wanneer het die verkragting gebeur?
Drie dae terug.
Waar het dit gebeur.
Hier voor in die tuin.
Wie is verkrag?
Ek.
Wie was die verkragter?
Twee ander slakke.
Sal jy hulle kan uitken?
Nee.
Hoekom nie?
Want dit het te vinnig gebeur.

 :mumum:
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 08, 2021, 08:48:19 PM
Rêrig! Seriously?  Hoe vinnig is vinnig? 
Title: Re: Spykerkaskenades
Post by: PM on September 08, 2021, 09:32:24 PM
Dit laat my aan "Speedy Conzalis" dink.  Dit sal nie seer wees nie was dit?  O Hallie ha, maar dit is eintlik nie 'n grappie nie!  Is dit?   :angel12: