• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die lente is op pad

Started by Naas, August 18, 2013, 06:06:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

In die lande vol gewasse
dans die krieke met kamaste
en die lieven heren besies
gooi hul lyfies rond in essies

In stokkerige aandag rye
staan kaalgat wingerde op wag.
Terwyl die goudgeel canola koppies
reeds brander in hul lentedrag
buig die grasgroen koringlande
laag onder sappig waterdrag.

Berge met hul koudwit koppe
kyk statig oor die kleureprag
waar eersdaags lente vreugde
vir koue winterweer sal lag.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Baie mooi geskryf Naas.  Ek sien die Kaap in al sy prag en ek sal ook baie bly wees as dit nou wil warmer word.  Die winter sit in my litte. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Dis weer sulke tyd Oom Naas. Die boere se siklus hou die lande heel jaar in groen want as die koring en Conala afkom is die wingerde weer groen.

:mumum:

Meraai vannie Baai