Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on August 18, 2013, 05:06:33 PM

Title: Die lente is op pad
Post by: Naas on August 18, 2013, 05:06:33 PM
In die lande vol gewasse
dans die krieke met kamaste
en die lieven heren besies
gooi hul lyfies rond in essies

In stokkerige aandag rye
staan kaalgat wingerde op wag.
Terwyl die goudgeel canola koppies
reeds brander in hul lentedrag
buig die grasgroen koringlande
laag onder sappig waterdrag.

Berge met hul koudwit koppe
kyk statig oor die kleureprag
waar eersdaags lente vreugde
vir koue winterweer sal lag.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die lente is op pad
Post by: PM on August 19, 2013, 12:31:04 PM
Baie mooi geskryf Naas.  Ek sien die Kaap in al sy prag en ek sal ook baie bly wees as dit nou wil warmer word.  Die winter sit in my litte. 
Title: Re: Die lente is op pad
Post by: Assie on September 14, 2021, 08:45:37 PM
Dis weer sulke tyd Oom Naas. Die boere se siklus hou die lande heel jaar in groen want as die koring en Conala afkom is die wingerde weer groen.

 :mumum:
Title: Re: Die lente is op pad
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2021, 01:07:54 AM
Jy was 'n slagoffer van die woorddief my dierbare vrind  :icon_biggrin:  :notworthy: :book1:

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4226.0