• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Distrik 6

Started by Naas, August 05, 2013, 11:26:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Soos kunstig vlinder vlerke
los jy vlugtig kleurvol spore
in die harte van jou mense

Van vervlenter kaalvoet klonkie
wat vrolik sing in die reën
tot hartseer uitset woede
was op jou verhoog gespeel.

Eenheid in die reënboog
van jou vlietende bestaan.
Skilder jy die toekomspad
waarop jou nuwe land sou gaan?

Kortstondig was jou vlinderspore
soos trane oor die wang
maar diep getrap in seer onthou
lê jy nog in lief en leed gevang.

Sal daar eendag uit die seeroogvlek
teen tafelberg se hang
'n nuwe vlinderdrama
Uit die rommel op kan staan?

©



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

as jy die dag ernstig skryf, rol daar 'n traan van die kabelspoor se boonste hang. . . dalk maak dit nuwe akkers vol blomme nat.
skitterend.

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

elle

Meraai vannie Baai

Ek kom nederig en dankbaar 'n kwadraat AMEN op Adele se komtaar skryf Naas  :icon_salut:

PM

Baie mooi geskryf Naas.  Dit laat my baie diep dink.
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.