Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Aspoestertjie se plek => Topic started by: Naas on August 05, 2013, 10:26:13 PM

Title: Distrik 6
Post by: Naas on August 05, 2013, 10:26:13 PM
Soos kunstig vlinder vlerke
los jy vlugtig kleurvol spore
in die harte van jou mense

Van vervlenter kaalvoet klonkie
wat vrolik sing in die reën
tot hartseer uitset woede
was op jou verhoog gespeel.

Eenheid in die reënboog
van jou vlietende bestaan.
Skilder jy die toekomspad
waarop jou nuwe land sou gaan?

Kortstondig was jou vlinderspore
soos trane oor die wang
maar diep getrap in seer onthou
lê jy nog in lief en leed gevang.

Sal daar eendag uit die seeroogvlek
teen tafelberg se hang
‘n nuwe vlinderdrama
Uit die rommel op kan staan?

©



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Distrik 6
Post by: adele on August 06, 2013, 08:33:19 AM
as jy die dag ernstig skryf, rol daar 'n traan van die kabelspoor se boonste hang. . . dalk maak dit nuwe akkers vol blomme nat.
skitterend.

 :grommit:
Title: Re: Distrik 6
Post by: Angelica on August 06, 2013, 06:51:08 PM
Beautiful, Naas.
Title: Re: Distrik 6
Post by: Meraai vannie Baai on August 07, 2013, 11:51:43 AM
Ek kom nederig en dankbaar 'n kwadraat AMEN op Adele se komtaar skryf Naas  :icon_salut:
Title: Re: Distrik 6
Post by: PM on August 07, 2013, 01:43:27 PM
Baie mooi geskryf Naas.  Dit laat my baie diep dink.
Title: Re: Distrik 6
Post by: Marinda Kemp on November 18, 2015, 04:52:15 PM
 :love7: :headbang: