Author Topic: 2013 toer op pad na Rosh Pinah  (Read 5625 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer op pad na Rosh Pinah
« on: August 05, 2013, 04:27:08 PM »
Ons het van Alexbaai duer die grens na Suid Wes gegaan en toe met die pad noord van die Oranje Rivier na Rosh Pinah se kant toe gery.

Was interessant om die boerdery bedrwighede teen die rivier aan die RSA kant te sien. Wys wat gedoen kan word as jy wil.






Die pad is maar vaal maar die omgewing het sy eie mooi ook. Ek seg altyd enige plek in die wêreld is vir my mooi behalwe somme plekke in sommige dorpe en stede. In die natuur sal jy altyd iets mooi sien al is dit net sand en sand om jou in die woestyn.










Net voor Seneldingdrift die myn gebied verlaat en toe moes ons eers na Sedelingdrift se grenspos ry om die padbelasting uit te neem. Dit is nie by Oranjemund beskikbaar nie. Iewers in Rosh Pinah kan mens dit ook uitneem.
Dit raak toe later in die dag en ons moet iewers slaapplek kry. Ry toe so entjie stroom op langs die groot rivier en kry 'n paadjie wat links afdraai. Ry daarin, seker so 1.2 km van die pad af kry ons 'n stukkie veld wat goed lyk vir kamp.

Slaan toe die 3 tente langs mekaar op...wat 'n fout was......ons snor mekaar wakker




In elk geval die kamp staan en ons kan die eerste kamp gesondheid drink op 'n lekker toer wat wag.



Die ete en drinke kar staan ook naby genoeg om nie moeg te raak waneer iets gekry moet word nie.




ons aandete is beestong, die 4 de ete na mekaar wat ons tong en brood  eet.



en Peet glo hy moet groente ook inkry, hy is bang vir vleis vergiftiging en skeurbuik en ek en piet is bang vir vleis onttrekkings simptome.





ons hele kampplek sonder naam



Ek het 'n draai in die koppie gaan stap en die gesien



en die



en ook 'n droeë rangskikking




en 'n kokerboom



wat vir my so wonderlik is, is die feit dat die kans daar is dat hierdie plante iewers in hulle volle glorie sal blom en niemand sal dit dalk eers sien nie. Hulle gee ook nie om of iemand hulle sien nie wnat hulle blom tot eer van ons Skepper. dlka moet ons as mense ook so leef.

Dit het aand geraak en ons het by die vuur gesit en ou stories vertel



in die vlakte lyk dit so, die berg daar diep in die middel van die foto is in RSA.



Staan bietjie nader aan die vuur, dit raak nou koud





Ontbyt tyd: koffie met beskuit en koffie met weet bix, maklik, vinnig en gou



toe word daar opgepak en ons ry noord, eers by Rosh Pinah aangegaan en gesien die plek het vreeslik uitgebrei.

Moeilik om 'n foto van die dorp te neem, kon nie hoogte kry om af te neem nie.

die is die myn hope hier op die voorgrond


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #1 on: August 07, 2013, 02:18:01 PM »
Hier is foto's wat soos waterverfskilderye lyk.  Die kleure is ongelooflik mooi.  Dankie AB, is daar nog?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #2 on: August 07, 2013, 02:42:11 PM »
Hier is foto's wat soos waterverfskilderye lyk.  Die kleure is ongelooflik mooi.  Dankie AB, is daar nog?

daar is nog hope fotos, sal hele tyd neem om als deur te werk en dit als te plaas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #3 on: August 07, 2013, 03:39:52 PM »
Ek is baie dankbaar vir iemand soos jy wat altyd die foto's deel.  Daar is soveel mooi goed wat 'n ou net nooit self sien nie, of al wel gesien het en dit soveel meer waardeer as jy dit weer sien.  Ek lief jou en ek het jou vrou se toestemming!   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #4 on: August 18, 2013, 11:40:19 PM »
LOL, en daar lyk daardie een plant vir my nes tonge! Wens ek kon by elke foto vir jou 'n woord van dank en waardering uitspreek mater. Weet seblief - ekke geniet in oorgawe!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #5 on: August 19, 2013, 04:31:39 AM »
dis my plesier om dit te wys vir mense wat graag wil sien. mens kry mos sommige mense wat glad nie belangstel in ander se fotos nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #6 on: August 19, 2013, 01:16:33 PM »
Jy is reg Raaitjie, dit lyk nes tonge. 
Hier is soveel mooi foto's, ek is vrek nuuskierig om te weet watter gaan jy kies vir die boek AB. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #7 on: August 19, 2013, 02:38:25 PM »
gee jy en raaitji ook asb jull ekeuses van die fotos

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer op pad na Rosh Pinah
« Reply #8 on: August 20, 2013, 07:55:58 AM »
Ek sal so maak AB.  Vandag pak ek eers om more huistoe te gaan.  Ons program het alweer verander.  Sal seker weer volgende week terug kom as Hannes 'n span kan kry om te werk. 
Om te weet is om te verstaan.