Ernest Oppenheimer brug tussen Alexanderbaai en Oranjemund. die brug is in 1965 gebou is.

Oranjemund is 'n groen dorp. groen in kleur en groen in ons hinder nie die natuur nie.

Selfs die Gemsbokke wat in die dorp wie word deur niemand gehinder nie.
Ons het die Gemsbokke op die golfbaan gesien

Voordat jy Oranjemund mag besoek moet jy vooraf 'n polisieklaring kry anders sal jy nie daar toegelaat word nie.
Ongelukkig is Alexanderbaai nie (meer?) 'n groen dorp nie. Sommige plekke lyk dit maar of die plek agteruitgaan.
die petrolpompe op Alexbaai. Wou 'n roomys koop maar die kafee bestaan nie meer nie.

Van die slagpale en slaghuis is ook net die mure wat oorgebly het

Daar was so paar jaar gelede groot stories gemaak van die Richtersveld se inheemse inwoners wat 'n grond eis ingestel het teen die myn oorlat daar op hulle voorvaders se grond gemyn en geboer word.
Soos ek verneem was Alexanderbaai ook 'n groen dorp, nou is idt 'n vaal dorp.
Daar was 'n melkplaas wat melk, kaas, botter en jogurt aan die winkel voorsien het om die produkte goedkoper aan die mense van die dorp te lewer. Daar was 'n slagpale en slaghuis waar van die surplus beeste geslag is.
Daar was 'n grondeis wat toegestaan is met miljoene se kontant om met die bedrywighede voort te gaan.
die melkplaas lyk nou so
die weikampe wat eens op 'n tyd groen was.

Die melkstalle wat eens op 'n tyd produktief was

Die laaste plastiek is nog in die masjien waarmee die plastiek sakkies gevul word.

melkery toerusting wat eens op 'n tyd gebruik was


'n Kantoor wat die laaste dag nog gewerk het

papierwerk

Spuitstof wat vir beeste bedoel is

Krag drade is verwyder



melkmasjiene

daar was diesel

trekkers


en implimente om die grond te bewerk

daar was 'n bystand kragopwekker

en kragkabels onder die grond

asook 'n voer silo

en kragvoer

die stukkende sakke kunsmis het ek nie afgeneem nie want toe was ek al te hartseer om nog skade (verwaarlosing en pludering) af te neem.
ek wil lier nie die storie vertel nie, netnou is my feite nie reg nie maar dis hartseer om dit te sien. Daar is wel op die net daarvan geskryf
ek het op die net gesoek en hierop afgekom.
https://www.google.co.za/search?client=opera&hs=w3x&channel=suggest&q=richtersveld+land+claim&spell=1&sa=X&ei=M3L_UfToO4TD7AaTkYEQ&ved=0CCkQvwUoAAdaar is ook 'n monumet vir die mense gebou, en seker ook 'n moewiese partie saam met die inhuldiging

kom ons kyk eerder na iets positief en mooi:
die sonsondergang was nogal mooi die een aand. was net moeilik om so tussen die huise se dakke iets beter af te neem.

Piet en Peet het hulle goed van hulle taak gekwyt in die kombuis

ek het skottelgoed gewas.