Author Topic: 2013 toer alexanerbaai  (Read 5341 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer alexanerbaai
« on: August 04, 2013, 08:36:16 PM »
Ek sal maar so stadigaan begin met die skrywery. Dis 'n groot werk wat wag maar dit moet gedoen word dat ek self oor paar jaar dit weer kan lees en beleef.
Hier gaan baie fotos wees, ek gan dit opdeel in onder afdelings.
Ongelukkig vir julle wat nie baie wil lees of baie fotos wil oopmaak nie: my oupa by wie ek groot geraak het, het my geleer: Doen iets reg op jou beste of los dit, moenie iets half doen nie.

Op Vrydagoggend 12 Julie vertrek ek en Piet en Peet. Ons ken mekaar so effens, ek en Peet sien mekaar by die duikwaters so paar keer in die somer en ek het al so 3 keer saam met Piet gaan visvang en een keer hom saam Mosambiek toe geneem. Ons vertrek in goeie vertroue dat ons oor die weg sal kom en dat die een nie die ander erg sal irriteer nie. Pak die trip in geloof aan.

Ons is oppad Suid Wes toe maar gaan eers 3 nagte in Alexanderbaai by familie van Piet oorbly. 'n Eerste vir ons almal, was nog nooit daar nie. Het 6 maande voortydig aansoek gedoen vir polisieklaring om by Oranjemund ook te mag ingaan.

Die pad is lank, met 300 km agter die rug moet ons na 278 km links draai by Steinkopf. Ons spoed is selde 110 km/uur.



Kry heelwat padwerke langs pad en hou maar die mense geselskap en vra uit oor hulle doen en late in die gebied waar hulle woon.



Ek kry ook kans om paar blommetjies en bytjies teen die pad af te neem





DIt was die Vrydag voordat die skole die Maandag weer begin het en ons het baie vakansiegangers gekry wat van Suid Wes af op pad terug Kaap se kant toe was.
Ons seg toe vir mekaar, kyk hoe dikbek lyk daai mense in daai voertuie waneer hulle ons sien wat oppad is







 en hulle moet al terugkom.



Peet het besluit hy vat die agter sitplek vir homself, dan kan hy maak soos hy wil.



veral as die pad lank en reguit is.





nog 'n blom langs pad afgeneem



Uiteindelik kom ons by Port Nolloth aan en ek wil sien hoe lyk Mc Dougelsbaai waar ek hoor die Upington mense heen gaan om kreef te duik. Was maar 'n mistige laat middag en die see lyk toe sommer grys ook




Ry toe so draai deur Port Nolloth en vat die pad noord na Alexanderbaai.

Sien toe langs pad hierdie sonondergang met 'n mynhoop




Eers moes ons inklaar by Alexanderbaai en die mense by wie ons gaan kuier moet bevestig dat ons na hulle toe gaan en hulle moet ons by die hek kom haal.

Toe voel ons welkom



Dit was al byna donker toe ons daar aankom. Lekker gekuier die aand.

Volgende oggend wou ons gaan kyk hoe lyk dit waar die oranjerivier in die see inlloop en ons kry toestemming om op die strand daarheen te ry.




Die rivier was laag en die monding is nou, maar mens kan sien dis 'n strek stroom water wat daar invloei en ek glo dit sal diep wees ook. Ek sal nie in daardie stroom wil beland nie





Die stukke masjienerie wat daar lê was tydens 'n vloed stroomop teen die walle gepak om te keer dat die walle wegspoel. Klink my daai stukke is deur die rivier daarheen gespoel.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 2013 toer alexanerbaai
« Reply #1 on: August 05, 2013, 08:09:20 AM »
Ek mis die see. Dit lyk pragtig, heerlik en ontspannend.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer alexanerbaai
« Reply #2 on: August 05, 2013, 11:19:38 AM »
Alexanderbaai is in die droogste hoek van Suid Afrika, na genoeg om woestyn genoem te word. Op pad terug na die hek op die strand sien ons toe ook die stille getuienis dat hier moet jy nie alleen verwdaal nie.



Ons kry toe ook die jong voël wat se een voet beseer is en dis erg om te dink hy moet nou sy hele lewe so met horrelpoot deurgaan.


Ja die lewe is nie altyd vir almal maanskyn en rose nie



Die ou myn gebou lyk sppokagtig so in die mistigheid. Ons het 'n paar van die beste dae op Alexanderbaai beleef, vroeg oggend mis en res van die dag lekker warm en windstil. Klink my die wind waai omtrent 340 dae per jaar daar.




een van die myne se skrootwerwe. Hier mag geen masjienerie weer uitgeneem word na dit ingeneem is nie. Op 'n tyd het die werkers ook in die myn gebly soos 'n weermagkamp en moes spesiale verlof kry om uit te gaan en dan ook net 1 keer 'n maand as ek reg onthou en ook eers na hy 3 dae op kasterolie was om sy maag skoon te kry vir as hy diamante ingesluk het.



Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer alexanerbaai
« Reply #3 on: August 05, 2013, 12:27:55 PM »
Ernest Oppenheimer brug tussen Alexanderbaai en Oranjemund. die brug is in 1965 gebou is.


Oranjemund is 'n groen dorp. groen in kleur en groen in ons hinder nie die natuur nie.



Selfs die Gemsbokke wat in die dorp wie word deur niemand gehinder nie.

Ons het die Gemsbokke op die golfbaan gesien



Voordat jy Oranjemund mag besoek moet jy vooraf 'n polisieklaring kry anders sal jy nie daar toegelaat word nie.

Ongelukkig is Alexanderbaai nie (meer?) 'n groen dorp nie. Sommige plekke lyk dit maar of die plek agteruitgaan.

die petrolpompe op Alexbaai. Wou 'n roomys koop maar die kafee bestaan nie meer nie.



Van die slagpale en slaghuis is ook net die mure wat oorgebly het



Daar was so paar jaar gelede groot stories gemaak van die Richtersveld se inheemse inwoners wat 'n grond eis ingestel het teen die myn oorlat daar op hulle voorvaders se grond gemyn en geboer word.

Soos ek verneem was Alexanderbaai ook 'n groen dorp, nou is idt 'n vaal dorp.

Daar was 'n melkplaas wat melk, kaas, botter en jogurt aan die winkel voorsien het om die produkte goedkoper aan die mense van die dorp te lewer. Daar was 'n slagpale en slaghuis waar van die surplus beeste geslag is.

Daar was 'n grondeis wat toegestaan is met miljoene se kontant om met die bedrywighede voort te gaan.

die melkplaas lyk nou so


die weikampe wat eens op 'n tyd groen was.



Die melkstalle wat eens op 'n tyd produktief was



Die laaste plastiek is nog in die masjien waarmee die plastiek sakkies gevul word.



melkery toerusting wat eens op 'n tyd gebruik was





'n Kantoor wat die laaste dag nog gewerk het



papierwerk



Spuitstof wat vir beeste bedoel is




Krag drade is verwyder








melkmasjiene



daar was diesel




trekkers





en implimente om die grond te bewerk




daar was 'n bystand kragopwekker



en kragkabels onder die grond



asook 'n voer silo



en kragvoer



die stukkende sakke kunsmis het ek  nie afgeneem nie want toe was ek al te hartseer om nog skade (verwaarlosing en pludering) af te neem.

ek wil lier nie die storie vertel nie, netnou is my feite nie reg nie maar dis hartseer om dit te sien. Daar is wel op die net daarvan geskryf
ek het op die net gesoek en hierop afgekom.

https://www.google.co.za/search?client=opera&hs=w3x&channel=suggest&q=richtersveld+land+claim&spell=1&sa=X&ei=M3L_UfToO4TD7AaTkYEQ&ved=0CCkQvwUoAA

daar is ook 'n monumet vir die mense gebou, en seker ook 'n moewiese partie saam met die inhuldiging



kom ons kyk eerder na iets positief en mooi:

die sonsondergang was nogal mooi die een aand. was net moeilik om so tussen die huise se dakke iets beter af te neem.



Piet en Peet het hulle goed van hulle taak gekwyt in die kombuis


ek het skottelgoed gewas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer alexanerbaai
« Reply #4 on: August 05, 2013, 03:04:33 PM »
Welkom terug Matertjie en baie dankie vir die pragtige foto's en stories.  Ek kan nie wag om die res te sien nie.  Dat dit 'n groot werk is is nie te betwis nie. 
Dit is hartseer om die verval te aanskou.  Dit laat 'n mens verslae.  Spookdorp se moses. 
Ek sal beslis weer en weer hier kom kuier. 

More gaan ons terug Heidelberg toe, dan sal ek weer op my pos wees. 
Om te weet is om te verstaan.