Geleen by 'n vriend van 'n vriend op FB. Ek eet niks wat ment in is, maar hierdie lyk so vinnig en met die minimum bestandele lyk dit na 'n treffer. Word ook nie gebak nie. Maklik. Selfs Ella sal dit kan doen.
Romerige Ment Koekies
Jy Benodig:
6 E Laevet Roomkaas
¼ T Ment Ekstrak
4-4 ½ K Confectioners Suiker (weet regtig nie wat dit in Afr is.)
+- ¼ K Fyn Suiker
Paar druppels Voedselkleursel in geel vir ‘n sagte botterkleur. (Dalk groen vir ‘n groenment gevoel?)
So Maak Jy:
Klop die roomkaas tot lig en romerig.
Voeg ment ekstrak by
Voeg voedselkleursel by
Meng goed
Voeg Confectionary Suiker ½ K op ‘n keer by
Klop na elke suiker byvoeg goed tot ‘n stywe mengsel
Maak balletjies van ‘n ½ T op ‘n keer en rol in Fyn Suiker
Druk plat met jou duim of met ‘n vurk
Bêre in die yskas om te rus voor opdien
++++