Author Topic: BOTTER KARAMELKOEKIES  (Read 3520 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
BOTTER KARAMELKOEKIES
« on: July 20, 2015, 11:49:17 AM »
BOTTER KARAMELKOEKIES
(Lewer 3 dosyn)

125g Botter of margarine
1 Teelepel vanieljegeursel
½ Koppie (125ml) bruinsuiker
1 Eetlepel goue stroop
1¼ Koppies (300ml) bruismeel

Skakel oond aan teen 180º.
Voeg die botter, vanieljegeursel, suiker en goue stroop saam en meng tot alles romerig is.
Voeg die meel by die mengsel en meng tot dit ‘n deeg vorm.
Rol balletjies met ‘n teelepel en plaas op ‘n botter gesmeerde bakplaat sowat 50mm van mekaar af.
Druk die balletjies plat met ‘n vurk of lepel.
Bak vir sowat 10-15 min en laat in die bakplaat afkoel.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: BOTTER KARAMELKOEKIES
« Reply #1 on: July 23, 2015, 04:10:44 AM »
Ek weet hoe gaan ouma haar prinsessie besig hou  :toothy4: bak bak bak aan oupa Naas se resepte.