• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

nuwe aankomeling op ons werf.

Started by AB, July 05, 2013, 06:48:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

op 'n ander forum het iemand gevra van die manier van snoei en ek het die geantwoord, dlak is dit vir julle ook interessant

koos ek sien jy skryf onder aan old school bly maar cool. ek is ook een van daai wat dit glo maar die laaste paar jaar word ek baie keer verkeerd bewys in die wingerd boerdery dat mens moet uit die boks begin dink en optree.
Ja die snoei is een van die moeilikste goed waarmee ek sukkel om my kop te swaai om anders as old school te doen.
ons is geleer dat die drears uitgesoek moet word, regop moet groei, hand breedte van mekaar moet wees, agterste draer moet bly en voorste draer moet weggesnoei word en moenie tette snoei nie, knip glad. dit is die europese idee van wyndruiwe snoei en oplei, dan word die lote nog regop ingevleg ook en dit lyk al te pragtig netjies. die storie was altyd die stokke moet in balans wees en oee moet tog nie meer as 8 na 12 ton per hektaar oes nie, seker oorlat die Franse so sê. hulle word deur wetgewing beperk tot 8 ton per hektaar. die europese groeikrag is nie wat ons sin is nie en hulle snoei streng. ons leer ook om so te snoei en in stellenbosch en nader aan die see werk dit in ''n mate. die grond temperatuur is koeler en ek dink die vrugbaarheid is minder en hulle kry nie strek groei op die stokke nie. ons kry meer sonlig, het warmer klimaat en dieper en meer vrugbare grond hier in die breedevallei, en ook in vredendal en upington.


ons snoei maar soos ons geleer is en sit met geil wingerd al die jare. ons is ook geleer moet tog nie die stokke te veel laat dra nie. so met die jare begin ons vrae vra en op klein skaal proewe doen in 'n studiegroep waar ek deel was. ek het ook di evraag gevra as 'n wingerd geil genoeg is en die druiwe kan ryp maak hoekom dan nie meer druiwe van goeie kwaliteit afhaal nie. so begin die wêreld al meer oopgaan na 1994 vir ons mense van die muishond land en die boere het begin ander lande as europa besoek om te kyk wat maak hulle.

In australie en vsa is gesien van die boere sny die lote met masjien af en soek niks uit nie en dit werk. so het veral in robertson en mc gregor se omgewing 'n paar manne begin proewe doen van anders snoei.
een ou het 'n blok gehad wat te min gedra het na sy sin en hy wou di eblok uithaal die vlg jaar en so snoei het als bokhoring en daar perfrom die blok pragtig, en die vlg jaar doen hy dit weer. die lote was baie meer maar korter, die trosse was bai emeer maar kleiner en kleiner korrels maar die oes was meer en die wyn was reg, geen fout nie. die wingerd lyk soos 'n ystervark met die draers.
toe begin sommige die oplei stelsel aanpas, ipv lae kordon met 2 tot 3 loof drade wat di elote hoog hou plant hulle korter pale en die kordon is effens hoër, sowat 700 tot 900 mm en 100 mm hoër is nog 'n draad en dis al. sommige wingerd het ook geen boonste draad nie net die kordon draad. nou kan jy met stewige lemme so boksie sny wat ou hout ook kan wegsny. ons gaan nog daai lemme ook koop oor jaar of 2. sny dan weerskante bo oor die ry met 3 lemme, een elke kant en een dwars bo op en ook so naby as kan aan die kordon.

die wingerd wil meer water en meer kos hê maa rgee hoër opbrengs sonder inboet van kwaliteit. baie mense sal nie daarmee saamstem nie want dis teen die idee van old school maar dit werk.

mens kan dit begin so snoei so van jaar 4 of 5 af, eers as die stokke se stamme lekekr sterk is.

my buurman snoei nou al paa rjaar sy wingerd so met die hand en ek oes slef daar, die oes is goed en klassifikasie is ook goed. ja ek is ook besig om uit di eboks te begin dink.

hier is paar fotos van voor ons gister met die masjien gesny het en daarna. dis nie dieslefe rye nie maar die wingerd lyk maar so. dis ook nei finale snoei nie dis net voorsnoei om dit makliker te maak vir die mense met die snoei skêre.










Angelica

AB, PM het nog nie hierdie foto's van jou gesien nie.
Sy gaan HUIL   :crybaby2: :crybaby2: as sy die berge en wingerde sien.
O jitte ek lief onse Kaap. 
Dankie vir die deel van jou kennis.
elle

PM

Dankie AB, dit is baie interessant en ek lief dit om te lees.  Dit is asof ek weer saam met jou deur die wingerd stap.

Ellietjie, ek mis julle geweldig baie.  Ek lief die geselsies en die foto's.  Dit vat my tot daar by julle.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

dit sou sommer baie nice gewees het as die masjien ook nog die druiwe kon oes en sommer pars ook. baie geluk met jou John Deere

Angelica

As julle almal weer in die Kaap is, kuier ons daai wingerde uit die wynbottels uit.
elle

AB

#20
Quote from: Jeannedarc on July 06, 2013, 09:03:19 PM
dit sou sommer baie nice gewees het as die masjien ook nog die druiwe kon oes en sommer pars ook. baie geluk met jou John Deere

ons het vanjaar al die 17 de keer met 'n masjien die druiwe geoes. ek en buurman het dit saam gekoop en nog nooit spyt gewees daaroor nie.

hier sit ek vol konsentrasie op die masjien en oes shiraz druiwe by die buurman. kaalvoet in die somer  soos gewoonlik.


Angelica

#21
 :headbang:

Dit (ook) was money well spent.  Slegs twee mense wat die eintlike werk doen en dan die ander paar wat die trekker en sleepwa hanteer. 

Jitte, AB, wie het hierdie foto van watter hoogte geneem?
elle

AB

ek het gewonder of dit vir iemand sou lyk die foto is uit 'n vliegtuig geneem of dalk van die stoor se dak af of dalk van 'n leer teen 'n paal.

hierdie wingerd staan teen die berg en teen die damwal. buurman het op die damwal geklim en paar fotos geneem. ek moet nog die ander by hom kry.

Jeannedarc

as ek nou nie van beter geweet nie dan sou ek kon dink dat die foto hoog in die takke geneem is  :love7: En is dit nou nodig om so los oor Shiraz te praat? 'n Vrou het ook mos maar 'n begeertetjie

PM

 :icon_biggrin: Lekker lag ek nou.  Hoog in die takke ja en begeertetjie.   :icon_biggrin:  AB praat maar so los.  Jy moet hom hoor as hy by "Cab" kom.    :icon_biggrin:

AB, gaan soek daai foto's asseblieffff.  Dit is pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

Quote from: PM on July 07, 2013, 10:28:20 AM
:icon_biggrin: Lekker lag ek nou.  Hoog in die takke ja en begeertetjie.   :icon_biggrin:  AB praat maar so los.  Jy moet hom hoor as hy by "Cab" kom.    :icon_biggrin:

AB, gaan soek daai foto's asseblieffff.  Dit is pragtig. 

ek probeer my maar hier gedra dat ek nie te erg los en vas praat nie.

waffer kiekies praat jy nou van? die ander van die oesmasjien wat buurman geneem het?

PM

Ja en ook al die ander wat jy wegsteek.   :icon_biggrin:  Ek maak gereeld 'n draai by jou kiekiekykplek as ek na die Kaap verlang.  Dit is gereeld, die Kaap en sy mense, my mense...
Om te weet is om te verstaan.

AB

die laaste tyd het ek rerig baie min afgeneem, meer oefen as afneem om die kameras gewoond te raak vir die woestyn

PM

Nog minder as 'n week, ek dink nog 5 dae, dan vertrek julle.  Jy is seker al baie opgewonde en ek wag in spanning dat jy terug kom met daardie foto's.
Ek het al gevra of jou "neukenaar" nie saam gaan nie.  Net dalkies kan ons 'n voorskou kry. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

ja PM ons wil vrydag oggend ry, nog baie om reg te kry te reel en in te pak.

ek neem so klein laptop saam maar hy sal nie die fotos se oplaai op die net kan doen nie, ek neem hom net saam om fotos op 'n hardeskyf te stoor.

dus ongelukkig nie voorskou nie. jammer.