• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

nuwe aankomeling op ons werf.

Started by AB, July 05, 2013, 06:48:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Agge nee, hulle sĂȘ dan die hoop beskaam nie.   :icon_biggrin:

Ek sal maar geduldig wag, anders het jy nog 'n sleepwa nodig om alles in te laai.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Watter woestyn gaan julle besoek?
elle

AB

Quote from: Angelica on July 07, 2013, 03:44:33 PM
Watter woestyn gaan julle besoek?

namib woestyn
gaan van aus af duer die woestyn oor die duine ry walvisbaai toe en dan hentiesbaai toe en dan terug met die woestyn pad by sesriem verby huistoe.

Angelica

Dis 'n leeftyd se onthou.
Ek is vrek verlief op Sossus. Was ook in die Sesriem Canyon.  Nie diep nie, maar tog 'n ervaring.  Interessante agtergrond.  Kan nie glo dat die rivier dit so gespoel het in die woestyn.  Het ook vere daar opgetel wat of 'n valk of 'n uil moet wees. 
Bar, maar beeldskoon.  Ek dink dit is eerder die stilte en uitgestrektheid wat met jou siel kommunikeer.
Eet tog 'n stuk apful strudel by Sesrien restaurant vir my ook.  Hemels lekker.
Gaan julle visvang by Henties?  Geniet.
elle

AB

ons gaan vir vriende van windhoek kuier by henties. hulle het strandhuis daar en sit paar dae verlof in en ja ons sal sekerlik probeer visvang so 1 of 2 dae.