op 'n ander forum het iemand gevra van die manier van snoei en ek het die geantwoord, dlak is dit vir julle ook interessant
koos ek sien jy skryf onder aan old school bly maar cool. ek is ook een van daai wat dit glo maar die laaste paar jaar word ek baie keer verkeerd bewys in die wingerd boerdery dat mens moet uit die boks begin dink en optree.
Ja die snoei is een van die moeilikste goed waarmee ek sukkel om my kop te swaai om anders as old school te doen.
ons is geleer dat die drears uitgesoek moet word, regop moet groei, hand breedte van mekaar moet wees, agterste draer moet bly en voorste draer moet weggesnoei word en moenie tette snoei nie, knip glad. dit is die europese idee van wyndruiwe snoei en oplei, dan word die lote nog regop ingevleg ook en dit lyk al te pragtig netjies. die storie was altyd die stokke moet in balans wees en oee moet tog nie meer as 8 na 12 ton per hektaar oes nie, seker oorlat die Franse so sê. hulle word deur wetgewing beperk tot 8 ton per hektaar. die europese groeikrag is nie wat ons sin is nie en hulle snoei streng. ons leer ook om so te snoei en in stellenbosch en nader aan die see werk dit in ''n mate. die grond temperatuur is koeler en ek dink die vrugbaarheid is minder en hulle kry nie strek groei op die stokke nie. ons kry meer sonlig, het warmer klimaat en dieper en meer vrugbare grond hier in die breedevallei, en ook in vredendal en upington.
ons snoei maar soos ons geleer is en sit met geil wingerd al die jare. ons is ook geleer moet tog nie die stokke te veel laat dra nie. so met die jare begin ons vrae vra en op klein skaal proewe doen in 'n studiegroep waar ek deel was. ek het ook di evraag gevra as 'n wingerd geil genoeg is en die druiwe kan ryp maak hoekom dan nie meer druiwe van goeie kwaliteit afhaal nie. so begin die wêreld al meer oopgaan na 1994 vir ons mense van die muishond land en die boere het begin ander lande as europa besoek om te kyk wat maak hulle.
In australie en vsa is gesien van die boere sny die lote met masjien af en soek niks uit nie en dit werk. so het veral in robertson en mc gregor se omgewing 'n paar manne begin proewe doen van anders snoei.
een ou het 'n blok gehad wat te min gedra het na sy sin en hy wou di eblok uithaal die vlg jaar en so snoei het als bokhoring en daar perfrom die blok pragtig, en die vlg jaar doen hy dit weer. die lote was baie meer maar korter, die trosse was bai emeer maar kleiner en kleiner korrels maar die oes was meer en die wyn was reg, geen fout nie. die wingerd lyk soos 'n ystervark met die draers.
toe begin sommige die oplei stelsel aanpas, ipv lae kordon met 2 tot 3 loof drade wat di elote hoog hou plant hulle korter pale en die kordon is effens hoër, sowat 700 tot 900 mm en 100 mm hoër is nog 'n draad en dis al. sommige wingerd het ook geen boonste draad nie net die kordon draad. nou kan jy met stewige lemme so boksie sny wat ou hout ook kan wegsny. ons gaan nog daai lemme ook koop oor jaar of 2. sny dan weerskante bo oor die ry met 3 lemme, een elke kant en een dwars bo op en ook so naby as kan aan die kordon.
die wingerd wil meer water en meer kos hê maa rgee hoër opbrengs sonder inboet van kwaliteit. baie mense sal nie daarmee saamstem nie want dis teen die idee van old school maar dit werk.
mens kan dit begin so snoei so van jaar 4 of 5 af, eers as die stokke se stamme lekekr sterk is.
my buurman snoei nou al paa rjaar sy wingerd so met die hand en ek oes slef daar, die oes is goed en klassifikasie is ook goed. ja ek is ook besig om uit di eboks te begin dink.
hier is paar fotos van voor ons gister met die masjien gesny het en daarna. dis nie dieslefe rye nie maar die wingerd lyk maar so. dis ook nei finale snoei nie dis net voorsnoei om dit makliker te maak vir die mense met die snoei skêre.