• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat DIEET

Started by Terry, July 01, 2013, 03:39:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

My lyf in die Winter is genadeloos.  Sy klee haar in die aller dikste lagie om snoesig te bly in die koue.  Ok, dis fair, maar sy gooi ook nie weer daai lagie af as die son diekanttoe kom nie.  Sy hou dit daar vir die volgende winter en dan trek sy nog 'n lagie aan.  Ek praat hard, maar sy is hardnekkig besig om die laag-op-laag-voorkoms te handhaaf tot die einde.  (My eks het dit nie uit sy duim gesuig toe hy gese het ek het 'n gesig soos 'n volmaan.  Maar sy gat, hy het 'n skewe tand.)
Met 'n halwe eeu se yo-yo speel, het ek genoeg gehad van gewig verloor en optel en verloor net om weer op te tel.
Ek het vrede gemaak dat ek nooit skinny gaan wees tensy ek weer ophou eet.  En dit is beslis nie 'n pad wat ek weer loop. 
Vrouens spandeer net soveel tyd in hul gedagtes aan kos en dieet en hul lywe, as wat mans aan seks spandeer (in hul gedagtes.)
elle

PM

Ek het 'n paar "volmaanfoto's" wat lag-lag     en lag-lag my hart verbly as ek daarna kyk en ek is mal oor jou volmaan Elle. 
Hannes sê altyd, wanneer ek so kla oor my "rondborstigheid" dat dit net meer is om lief te hê.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie Piet.
Geen man sal kla oor 'rondborstigheid'. 
Gits, ek kan nie verstaan wat die ding is met mans en mamma's..
Dis mos vir die kleintjies om gevoed mee te word.  Tsk.
elle

PM

Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

het jy nie ge-weet dat mans eintlik maar seuntjies is en steeds "gevoed" moet word nie  :angel12:

PM

 :angel12: Dit is sekerlik die beste aanvulling in 'n dieet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

PM

Uit die aard van die saak het AB klaar oor dieete gepraat.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

6 weke gelede kom die dr agter my bloed suiker neig om effe hoog te wees. so sny ek skuier uit, ook gas koeldrank, tjoklits en kyk wat is die KJ waarde van kosse. Ek eet ni emee rtussen in nie en ook nei koekies en chips en versnaperinge nie, 3 groot genoeg etes per dag. Was vandag weer by dr en sy seg dis die laagste wat sy nog my bloeddruk gemeet het en ek het in 6 weke 5 en half kg gewig verloor. Niks ekstra oefening nie, gelukkig raak idt somer nou en dis makliker om gewig te verloor. sy seg as ek nog 10 kam afgooi kan sy my bloeddruk medikasie verminder.

Fransi


AB