Author Topic: Kom ons praat DIEET  (Read 13621 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat DIEET
« on: July 01, 2013, 02:39:42 PM »
Ek is so bly ons het hierdie afdeling "Item vir die week" genoem en nie "bestanddeel van die week" soos ek eers voorgestel het nie.  Ek wil graag ietsie anders bespreek hierdie week.

Is dit veilig om te se daar is baie van ons wat sukkel met ekstra vetjies wat moeilik is om af te skud en af te hou?  Ek het gedink dit sal baie interessant wees om van almal se dieet wenke en gesonde eetgewoontes te hoor. 

Wat is jou raad/wenke vir dieet en gesond eet? Het jy 'n sukses storie om te kom deel?

Kom ons bespreek dieet   :toothy4:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #1 on: July 01, 2013, 05:04:29 PM »
Tydens die maerste tyd in my lewe het ek twee werke gehad en meestal daarnatoe gestap. Beide werke het baie staan en rondbeweeg behels. Ek het nie anderste as gewoonlik geëet nie en soms het ek eers 11:00 se kant die aand by die huis gekom en dan aandete geëet. So met my weet ek dat oefening 'n baie groot verskil kan maak as ek net myself kan motiveer om weer te begin. :-)

My lyf hou ook van proteïene, maar stysel laat die vetjies aanpak.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #2 on: July 01, 2013, 06:36:42 PM »
O, vet weet, hierdie is 'n onderwerp wat my nie goedgesind is nie.
Ons twee plak nie.  Net die woord 'dieet' laat my so opstress dat ek gryp na 'n brood.
Van my vroegste herinneringe aan kos, is die twee Pro Vitas wat ek op my ontbytbordjie gekry het in die koshuis.  Werklik, dit was baie vroeg in my lewetjie. Miskien ses of 7jr.  Die gevoel van 'afskeep' sal my altyd bybly. Ek weet nie of ek iets soos 'n bietjie botter saam met dit gekry het nie, maar daardie twee harde, plat geensmaak strokies sal ek nooit vergeet.
Hoe meer my ma en die koshuismoeder my wou help gewig verloor, hoe meer damage het dit gedoen.
Vandag weet ek alles van gesond eet, ongesond eet, anorexia en veral bulimie, want dit is iets waarin ek amper-amper vasgevang was.  
Die laaste 'navorsing' wat ek gedoen het, so twee weke gelede, was op Liptien. 'n Hormoon wat jy jouself daagliks mee kan inspuit en tonne vet kan verloor.  Maar dit is baie duur om te doen.  Aangesien dit 'n hormoon is, kan jy dit nie deur seker kossoorte te eet, inneem nie.  Ook nie in pil vorm nie.
Bottom line is:  Verbrand meer kilojoules as wat jy inneem.  Hoe?  Deur te oefen. Eet baie rou groente en vrugte. Sny oortollige suiker en carbs uit.
Ek weet alles, maar deep down is daar 'n stemmetjie wat harder as ek praat.
elle

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #3 on: July 02, 2013, 09:26:51 AM »
Ek verstaan hoe sensitief hierdie onderwerp is en dit is vir my amper asof dit maar meestal net vrouens is wat hiermee worstel?

Angelica, jy en Fransi het albei dieselfde gese en ek glo ook sterk daarin, oefening is die antwoord.  Oefening en gesond eet.  Dit is ook bewys dat jy meer kilojules eerste ding in die oggend verbrand, voor ontbyt.  Wanneer ek oefen is ek baie gemotiveerd om gesond te eet, maar dan kry ek dae wat ek net nie uit die bed uit kan klim om gym toe te gaan nie (veral ook op hierdie koue winters oggende).  Die dae wat ek wel kan opstaan vir gym is ek redelik gefokus en oefen hard.

Ek moet se, ek het 'n klein geheimpie wat werk en dit werk ook selfs al oefen jy nie gereeld nie:

Eet stadig en kou jou kos.

Ek is lief om vir my kos in 'n klein bakkie te skep (om in 'n gewone groot bord op te skep, skep jy gewoontlik te veel in) en dan eet ek met 'n teelepel.  So my happies is klein, ek kou kou kou aan elke happie en voor ek helfde van my bakkie kos opgeskep het, is ek versadig.  Ek bere dan die res van die kos en omdat ek vroeer so min ge-eet het, is ek na so 2-3 ure weer honger en dan eet ek verder.  Hierdie manier van eet help om jou metabolisme vinnig te maak.

So ja, op die einde van die dag dink ek mens moet maar net na jou liggaam luister en hom respekteer. 


Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #4 on: July 02, 2013, 09:32:43 AM »
Ek lees Engeltjie se boodskap en stem saam.
Dieet is 'n geestessiekte wat deur sielkundiges, dokters en die media geskep is om geld te maak.
Hoeveel langer leef maer mense? Is hulle werklik soveel meer gelukkig dat die langer leeftyd dit regverdig?
Feit is, die samelewing laat ons so skuldig voel oor 'n paar ekstra rolletjies wat ons saamdra dat ons reguit hemel toe gaan want ons beleef ons hel op aarde.
Ons word gebreinspoel met almanakke en statistieke en fotos van Marileina Monroe (Terloops: Sy was maer met 'n mooi lyf maar dit het haar niks gehelp nie. Sy's lankal vroegdood) net om wat te bereik? Modeklere ten duurste te koop? Drie maande langer te leef? Mooier te lyk?
Ek het mooi dik vriende gehad. Hulle het gewig verloor en is nou nie meer vir my so mooi nie.
Voordat iemand 'n tikfout gemaak en die spasie tussen DIE     en     EET vergeet het was mense gelukkig en tevrede in en met hulle lywe. Het hulle op 'n goeie ouderdom gelukkig en tevrede doodgegaan aan 'n hartaanval of 'n trekkerongeluk of een of ander ander natuurlike oorsaak.
Die punt is" "Hulle het geeet wat en wanneer hulle wil. Hulle was gelukkig. Hulle het hulle nie dood gestress omdat hulle te veel was en kwaad was vir hulself omdat hulle dit geniet het om die natuurlikste ding onder die son nl. "EET" te beoefen nie"
So as daai rooi nommertjie jou nie pas nie, vra vir die winkelassistent hoekom hulle dit nie in 'n groter nommer aanhou nie. Beter nog loop uit en gaan soek 'n plek waar hulle klere het wat wel jou lyf en persoonlikheid pas. Die oefening sal jou goed doen.


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #5 on: July 02, 2013, 06:14:56 PM »
als wat ek sien dieet ek

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #6 on: July 03, 2013, 08:09:42 AM »
 :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #7 on: July 03, 2013, 08:36:29 AM »
Ek het al gehoor van iemand wat op 'n a pastadieet gegaan het, maar ek kan net onthou van die "pas ta fridge" en toe luister ek nie verder nie.   :icon_biggrin:

Jammer ek kan nie saam praat nie, ek het 'n rooiwynprobleem, kos pla my nie.  My vetrolle pla my ook nie meer nie, ek hou my besig met ander dinge en dan dink ek nie daaraan nie.   :icon_biggrin:

Erenstig, deesdae hoor 'n mens van al meer mense wat aktief is, nie rook of drink nie, nie oorgewig is nie, maar tog aan hartsiektes  kanker en ander siektes sterf.  Dit laat my glo dat daardie ekstra vetrolletjies wat jy saamdra nie jou dood gaan veroorsaak nie.

As jou vetrolletjies wel pla, moet jy net besef dat jy eet en drink verkeerd.  Stel dit reg en besef dat jy nie die gewig wat jy opgetel het in 'n maand of twee gaan verloor nie.  Dit het dalk 'n jaar of drie geneem om aan te pak en as jy die saak nou regstel en "die eet" wat vir jou gesond is, dan sal dit weer soveel tyd neem om terug te keer na normaal.  Jy mag dalk die eerste maand worstel daarmee, maar dan behoort dit 'n gewoonte te wees.  
Beloof jouself om te eet wanneer jy honger is en nie omdat die horlosie so sê nie.  
Onthou jy is nie 'n asblik nie, moenie die laaste paar happies vat omdat jou oë groter as jou maag was nie.  
Moenie iets eet as dit nie vir jou lekker is nie.  Jig.

Vet, suiker en stysel is almal se vyand.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #8 on: July 04, 2013, 06:13:07 PM »
Meeste mense het een of ander probleem / verslawing / afhanklikheid van enigiets onder die son.  Dit kan wees kos, alkohol, nikotien, seks (ja, te veel kan ook 'n verslawing wees), adrenalien, werk, dwelms, internet.... ons kan 'n lys maak so lank soos 'n aanloopbaan.
Maar oorgewig mense word die meeste veroordeel.  Omdat dit sigbaar is.  Onmiddelik sigbaar.
Kos is 'n emosionele ding. 

 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #9 on: July 05, 2013, 06:24:37 AM »
Jy slaan die spyker op sy kop Els. 

Eet is beslis 'n emosionele ding.  Party mense hou op eet en ander vind troos daarin. 
'n Vriendin van my eet sommer 'n hele blok sjokolade op as sy ongelukkig voel.

Die slim mense sê 'n mens moenie iets koop om te eet as jy weet dit is nie goed vir jou nie.
Sorg dat daar net gesonde knibbelgoed in jou kaste is. 

Langer mense het ook 'n voordeel bo die korter mensies.  As ek so 10 cm korter wask, was ek 'n sokkerbal.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #10 on: July 05, 2013, 09:04:24 AM »
Lees ek nou van die verslawings en besef net weereens hoe dit 'n mens se optredes/gedrag beïnvloed. Ek vermy geleenthede/plekke waar ek nie kan rook nie. Selfs kuiertjies by my familie kan gespanne voel, omdat hulle wel opmerk hoe baie keer jy nou eintlik buitentoe gaan om jou sigaretjie te kan rook. Ironies genoeg lei die spanning tot meer buitentoe wandels.

Ek voel deesdae dieselfde oor my lyf.

Ai, emosionele krukke.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #11 on: July 05, 2013, 09:07:20 AM »
Ek glo ook dat eet 'n emosionele ding kan wees vir party mense.  Vir die wat sal belangstel, hieronder is 'n skakel na 'n baie interessante artikel oor emotional eating.

http://www.helpguide.org/life/emotional_eating_stress_cravings.htm

Ek het al agter gekom as ek honger inkopies gaan doen dan koop ek allerhande dinge soos sjokolade, skyfies, kaasbrood, cupcakes ens.  Maar as ek klaar middagete gehad het en doen dan inkopies, koop ek gesond en net wat ek nodig het.  Dit help natuurlik wanneer jy vanaand laat lus is vir iets om aan te nibbel, en daar is niks in die kas nie.  Dan drink ek maar 'n glas melk en gaan slaap, en more oggend is ek nie kwaad vir myself nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #12 on: July 05, 2013, 09:26:52 AM »
Dankie vir die skakel Terry, dit is baie interessant.  Die eerste ding wat ek opgemerk het is die dame wat voor haar rekenaar sit en eet terwyl haar aandag nie by die kos is nie.  Wanneer 'n mens eet moet al jou aandag by die kos en die ete wees.  Ek het gelees dat 'n mens se brein na 'n rukkie se eet vir jou vertel dat jy nou versadig is.  Wanneer jy gewoonlik na 10 minute klaar ge-eet het, (of hoe lank dit jou gewoonlik neem om te eet) voel jy versadig.  As jy dan besig is met iets anders terwyl jy eet gebeur dit nie, jy kom ook nie agter hoeveel jy eet nie en jy geniet ook nie dit wat jy eet nie.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #13 on: July 05, 2013, 10:31:41 AM »
ek persoonlik glo nie aan diete nie. uit my eie persoonlike ervaring het ek gevind dat my gewig nes 'n bank rekening is. vir solank ek geld in die rekening bly insit groei die rekening en die omgekeerde is dan inderdaad ook waar - as ek meer onttrek as wat ek insit, word die rekening kleiner. as ek daagliks 5000kj inneem en ek verbrand slegs 1000kj, dan neem my massa toe. as ek 5000kj per dag inneem maar ek verbrand 5500kj, dan verloor ek gewig. ek het vir 11jaar aktief aan marathons deelgeneem en ek het letterlik ge-eet en ge-drink net wat ek wou maar ek het nie gewig opgetel nie. die dag toe ek ophou hardloop was die koeel deur die kerk en het die gewig net bly toeneem. ek het nou weer begin stap en het alreeds 3kg afgeskud. ja dit is pynlik, veral die eerste week of twee maar daarna gaan dit makliker. en my skaal is ook nou al minder geweldadig met my.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #14 on: July 06, 2013, 04:59:23 AM »
 :icon_biggrin: Dit is gaaf, want soos ek onthou het jou Spieëltjie ook met jou teegepraat.   :icon_biggrin:

Dit is harde werk om gewig af te skud en soos jy sê, in die begin is dit "pynlik". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #15 on: July 06, 2013, 06:07:38 AM »
My lyf in die Winter is genadeloos.  Sy klee haar in die aller dikste lagie om snoesig te bly in die koue.  Ok, dis fair, maar sy gooi ook nie weer daai lagie af as die son diekanttoe kom nie.  Sy hou dit daar vir die volgende winter en dan trek sy nog 'n lagie aan.  Ek praat hard, maar sy is hardnekkig besig om die laag-op-laag-voorkoms te handhaaf tot die einde.  (My eks het dit nie uit sy duim gesuig toe hy gese het ek het 'n gesig soos 'n volmaan.  Maar sy gat, hy het 'n skewe tand.)
Met 'n halwe eeu se yo-yo speel, het ek genoeg gehad van gewig verloor en optel en verloor net om weer op te tel.
Ek het vrede gemaak dat ek nooit skinny gaan wees tensy ek weer ophou eet.  En dit is beslis nie 'n pad wat ek weer loop. 
Vrouens spandeer net soveel tyd in hul gedagtes aan kos en dieet en hul lywe, as wat mans aan seks spandeer (in hul gedagtes.)
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #16 on: July 06, 2013, 06:53:59 AM »
Ek het 'n paar "volmaanfoto's" wat lag-lag     en lag-lag my hart verbly as ek daarna kyk en ek is mal oor jou volmaan Elle. 
Hannes sê altyd, wanneer ek so kla oor my "rondborstigheid" dat dit net meer is om lief te hê.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #17 on: July 06, 2013, 07:09:17 AM »
Dankie Piet.
Geen man sal kla oor 'rondborstigheid'. 
Gits, ek kan nie verstaan wat die ding is met mans en mamma's..
Dis mos vir die kleintjies om gevoed mee te word.  Tsk.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #18 on: July 06, 2013, 07:27:24 AM »
 :toothy4: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #19 on: July 06, 2013, 08:23:55 AM »
het jy nie ge-weet dat mans eintlik maar seuntjies is en steeds "gevoed" moet word nie  :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #20 on: July 06, 2013, 08:26:42 AM »
 :angel12: Dit is sekerlik die beste aanvulling in 'n dieet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #21 on: July 06, 2013, 08:29:19 AM »
Giggel ek nou.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #22 on: July 06, 2013, 08:45:46 AM »
Uit die aard van die saak het AB klaar oor dieete gepraat.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #23 on: November 14, 2013, 07:08:01 PM »
6 weke gelede kom die dr agter my bloed suiker neig om effe hoog te wees. so sny ek skuier uit, ook gas koeldrank, tjoklits en kyk wat is die KJ waarde van kosse. Ek eet ni emee rtussen in nie en ook nei koekies en chips en versnaperinge nie, 3 groot genoeg etes per dag. Was vandag weer by dr en sy seg dis die laagste wat sy nog my bloeddruk gemeet het en ek het in 6 weke 5 en half kg gewig verloor. Niks ekstra oefening nie, gelukkig raak idt somer nou en dis makliker om gewig te verloor. sy seg as ek nog 10 kam afgooi kan sy my bloeddruk medikasie verminder.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #24 on: November 15, 2013, 08:36:20 AM »
Baie geluk AB.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat DIEET
« Reply #25 on: November 15, 2013, 03:37:13 PM »
dankie