• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Boekbestellings vir boek 2

Started by PM, June 22, 2013, 05:51:08 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

#15
Dankie matertjie.  

Naas      2
Elsabé    2
Fransi    4
Louis      2
Jannie dink ek het 10 boeke bestel
Gawie    2
Adéle     1
Marius   2
Meraaitjie vannie Baaitjie 1
Terry en Gerhard   1
Cornelis   10
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Vir nou een bestelling vir die Tri Truters,
maar sodra ons prys het en ons boek vir familie en vriende kan wys, gaan ons nog wil bestel  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

#17
Naas      2
Elsabé    2
Fransi    3
Louis      2
Jannie dink ek het 10 boeke bestel
Gawie    2
Adéle     1
Marius   1
Meraaitjie vannie Baaitjie 1
Terry en Gerhard   1
Cornelis   10
Die Truter Trio  1  
Om te weet is om te verstaan.

Marius

Enige nuus oor die bundel se prys?

PM

#19
Ja Marius, ek het gister 'n prys gekry en 'n proefboek vir Vonkelwyn Volmaan & Vers. Die skrywers kry die boek teen R380.00 per boek vir die eerste bestelling.  Dit is wat ons sal betaal vir die 250 bladsye om te druk.  Hannes skenk vir ons die bindwerk wat R12 per boek kos en hy sê so 'n mooi boek verdien sy eie jassie en sy eie naam.  
Ek is hard besig om 'n titelblad saam te stel en as alles reg verloop sal ek dit Maandag na die ander drukker toe neem om te laat druk.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

PM, is daar dalk nog tyd dat ek dan eerder 3 as 4 boeke bestel asseblief. Baie dankie.

PM

Dit is goed so Fransi.  Hierdie is nie finale bestellings nie.  As enige persoon nog wil verander aan die hoeveelheid is hulle welkom. 
Om te weet is om te verstaan.

Marius

PM verander my bestelling dan van 2 na 1 boek toe asb.

Fransi


Terry

#24
Hier is 'n baie klein "sneak preview" van boek 2.  Die boek is ABSOLUUT PRAGTIG!

Bestellings kan nou geplaas word.

Weereens aan PM:   :notworthy:   :notworthy:

PM

Dankie Terry.  Almal wat Maanlig Vonkelwyn & Vers se proefboek gesien het sê dieselfde. 

Dat die prys heelwat hoër is as wat ek verwag het is so en ek is baie jammer daaroor, maar almal sê ook dat ons nog baie gelukkig is om hierdie grootte boek teen hierdie prys te kan kry.  Dit is 'n mooi boek en ek hoop julle hou van die voorblad. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Sjoe, dit is 'n ongelooflike mooi voorblad. Dankie PM.

PM

Dankie Fransi.  Ek lief dit ook.  Die skrif se kleur is effens rooi, ek sal dit net 'n klein bietjie donkerder maak. 

Ek het weer by 'n paar ander drukkers gaan kwotasies kry, maar hierdie drukker van ons wen steeds loshande. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Voorwaar pragtig. PM laat my asb weet hoeveel die bedrag vir alles uitwerk, blaaie/boek en die bankbesonderhede waarheen ons dit laas oorgeplaas het. Dank jou baie baie weereens vir al die wonderlike werk wat jy verrig het met die saamstel van hierdie pronkstuk

Angelica

Wag, stop gou die lorrie, Ella het erens uitgeval.
Is die boek se naam:  Maanlig, Vonkelwyn & Vers
Of  Volmaan, Vonkelwyn & Vers..??
elle