• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat PIESANGS

Started by Terry, June 18, 2013, 11:32:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 7 Guests are viewing this topic.

PM

 :icon_biggrin:  Nee Ella'tjie, ek hou van die goeie sin vir humor.   :icon_biggrin: 

Al wat ek van piesangs af weet is dat dit goed is om nagapies mee te lok.   :icon_biggrin:
Vrugtevlermuise is ook mal daaroor en kwêvogels en o ja, museljaatkatte!  Glo my vry! Ek het bewyse. 

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

#16
Nog ietsie oor PIESANGS... en aarbeie en room.
More begin die taai stryd om die Wimbledon tenniskampioenne.
Hier is 'n paar interessante feite oor Wimbledon a la Die Huisgenoot:

HUIDIGE MANSKAMPIOEN:  Roger Federer
HUIDIGE VROUEKAMPIOEN: Serena Williams.
SKARE:  484 805 - Soveel mense het die toernooi verlede jaar bygewoon.
  :wav:
PRYSGELD:  R24m - Mans- en Dameskampioen.
PIESANGS:   23 000 - Soveel piesangs eet die spelers.  (Dis 'n moeviese klomp piesangs om te verorber deur 'n paar spelers binne 'n tydperk van byna twee weke.  Geen wonder sommige van hulle kry gietergat.)
AARBEIE:  28 000kg - Soveel aarbeie word tydens die toernooi deur die skares ge-eet.  (Ook 'n moeviese klomp aarbeie en room.  Dink net hoeveel aflewerings van die gesogte lekkerny daagliks gedoen word...)
:tongue8:
SJAMPANJE:  25 000 - Soveel bottels borrelvoggies word weggeslaan.  (Kan die mense nog huistoe ry na 'n wedstryd?)
BIER:  - 100 000 -  Glase bier word geskink.  (Hoeveel liters is dit? Wil jy suip of wil jy tennis kyk?)
:occasion14:
En dan kom die KOFFIE en TEE by - 300 000 koppies.  
GRAS:  1 Ton 100% roggrassaad word elke jaar vir die bane gebruik en die gras word daagliks gesny tot net 8mm lengte.

Die van ons wat kan en belangstel gaan weereens vasgenael sit voor die kassie.

elle

AB

as ons nou op die tv die tennis kyk mag ons ook soos die toeskouers daar aarbeie en room en bier en sjampanje en al daai lekker goed in oormaat geniet?


PM

Ons het verlede week tussen rye en rye piesangboorde gery en elke tros het 'n sak oor.  Wie kan vir my sê hoekom. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

AB, jy mag maar.  Moet net nie daarna huistoe ry nie.  Bly liewer oor.
elle

AB

Quote from: PM on June 23, 2013, 04:21:20 PM
Ons het verlede week tussen rye en rye piesangboorde gery en elke tros het 'n sak oor.  Wie kan vir my sê hoekom. 

Geperforeerde piesangsakke geïmpregneer
met stadig vrystellende chlorpirifos vir die
beheer van blaaspootjies, platmyt en die
piesangtrosmotkompleks in piesangs.

Werkingswyse:
Die aktiewe bestanddeel van PYRITILENE ® BLUE, chlorpirifos, het 'n gasaksie. Die gas
word stadig oor 'n periode van tyd vrygestel en beheer sodoende die plae wat in die geslote
atmosfeer van die sak om die tros voorkom. Beheer van plae kan vir ongeveer 14 weke
verwag word nadat die PYRITILENE ® BLUE sakke oor die piesangtros geplaas is.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Sny ongeveer 1,2 m van die PYRITILENE ® BLUE rol af en plaas dit oor die piesangtros
nadat die blomskutblaar verwyder is. Hou die tros bedek totdat dit gereed is vir oes.
Let wel: Die gebruik van plastieksakke kan 'n toename in rooispinmytpopulasies tot gevolg
hê in bedekte piesangtrosse. Bespuit die piesangs met 'n geregistreerde aanbevole mytdoder
om die plaag te beheer indien nodig.

Insekplae beheer:
Piesangblaaspootjie (Hercinothrip bicinctus)
Blomblaaspootjie (Thrips exelycomis)
Platmyt (Brevipalpus californicus)
Larwale stadiums van die volgende motte:
Cryptobiabes gridiella
Lobesia sericta en Anatrachyntis riley

http://www.masa.co.za/~masacoz1/images/stories/pdf/label/pyritileneblue.pdf

Meraai vannie Baai

Ek het die inligting geniet. Dankbaar lig ek die hoed Stoffel!

PM

Die antwoord is om die tros teen koue te beskerm.   :sign10:    :violent1: Grappie!

Dankie vir die inligting AB, ek het geweet jy ken die antwoord. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

ja is so, mens moet die tros beskerm anders kom daar probleme.

PM

Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: Angelica on June 23, 2013, 09:40:13 AM
SKARE:  484 805 - Soveel mense het die toernooi verlede jaar bygewoon.
 
SJAMPANJE:  25 000 - Soveel bottels borrelvoggies word weggeslaan.  (Kan die mense nog huistoe ry na 'n wedstryd?)

Die van ons wat kan en belangstel gaan weereens vasgenael sit voor die kassie.

beteken 19 bottels sjampanje vir elke persoon ... hoeveel dae duur die toernooi?

indien dit twee weke is ... dws een plus 'n derde bottel per persoon per dag... is ek nou reg? dan kom die bier nog by ...

dis van die min tye wat ek my TV stel amper mis.

:grommit: 
adéle  :grommit:

Angelica

Adele,  mos se ek ook daai ding.
Kyk hierdie skares ooit tennis?  Of volg hulle net die balletjie van links, na regs, links, regs..... 
En al daai PIESANGS wat die spelers opeet!!
Ek dink daardie inligting is bietjie opgeblaas.
elle

Ah Willa

PIESANGS word nie in die huis genoem nie ...
ons eet dit stilletjies terwyl Theo by die skool is ....
nagmerrie land is kalm in vergelyking met wat die huishouding deur gaan as Theo piesangs gevaar ...

ons laat dit maar net daar
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w