• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons praat PIESANGS

Started by Terry, June 18, 2013, 11:32:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 7 Guests are viewing this topic.

Terry

Ons het oppad wildtuin toe 'n hele paar piesang bome gesien en begin gesels oor hierdie heerlike vrug. 

Watse piesang raad/wenke/lekker resepte het jy?

Kom ons bespreek die piesang   :toothy4:

Aspoestertjie

Navorsing het nou bewys dat die swart in 'n ryp piesang die vorming van onnatuurlike selle verhoed en dus kankerwerend in die liggaam optree.
Die piesang is dus meer as net lewegewend.





:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

#2
Ons koop piesangs teen 'n appel en ei (ui?) se prys diekant die oomblik as hulle jassie begin verkleur. Natuurlik soos Assie ook genoem het, op sy gesondste! Koop 'n hele kardoes vol vir 'n kale dollar. My persoonlike gunsteling is 'n piesang wat so 40 sekondes in die mikrogolf warm gemaak is met vla en skeppie onheilige room bo op. As daar nou nog 'n bietjie gekookte kondensmelk oor is, maak dit van die dis 'n verbode koningsbederf vir die uwe  :hello2: Piesangskywe met gekookte kondensmelk in 'n opgerolde pannekoek is djeeeeeeerlik verby!!

Ek loer nou hier na die boererate wat piesangs voorskryf  :icon_biggrin:
HOOIKOORS: eet 3 piesangs elke oggend.
HARTKWALE: Piesangs (noem nie hoeveel nie)
BLOEDDRUK TE HOOG: Eet BAIE piesangs
MAAGKWALE: Eet piesangs.
MAAGSERE: Eet baie piesangs.
MOEG EN BEDRUK: Eet 'n piesang.
SOOIBRAND: Eet 'n piesang.
SPIERPYNE EN KRAMPE: Eet nog 'n piesang :)
WATERRETENSIE: Eet baie piesangs.
SLEGTE GEHEUE: Eet piesangs.










Terry

Ek het altyd gedink 'n baie ryp piesang is besig om vrot te word, maar om te weet hy is dan op sy gesondste, maak eintlik baie sin.

My gunsteling is 'n geroosterde toebroodjie met spek, kaas en piesang.  Absoluut heerlik!

Hier is so paar baie interessante feite oor piesangs (ongelukkig in Engels):

AMAZING BUT TRUE THINGS YOU CAN DO WITH BANANA PEELS (AND BANANAS):

•Thanks to its oil, rubbing the inside of a banana peel on a mosquito bite (or other bug bite) or on poison ivy will help keep it from itching and getting inflamed.

•If you rub the inside of a banana peel on a scrape or burn, it will help the pain go away, keep the swelling down, and keep the wound from getting infected.

•If you rub the inside of a small piece of banana peel on a wart every night (or tape a piece of peel over the wart), the potassium in the peel can make the wart disappear in one to two weeks.

•If you tape a banana peel over a splinter, the enzymes help the splinter work its way out of your skin (and also heal the wound).

•To whiten teeth naturally, rub the inside of a banana peel on your teeth for about two minutes every night. If you gargle with salt water, this will heighten the effect. Expect results in about two weeks. It works because of the effect of the potassium, magnesium, and manganese in the banana peel.

•Bananas make great conditioner that helps restore dry, damaged hair. Mash a banana and add a tablespoon of heavy cream and a tablespoon of honey to the mixture. Then apply it to dry hair, cover your hair with a shower cap, and then wrap your head in a warm towel. Leave it on for up to an hour and then rinse thoroughly with warm water before shampooing.

•Rubbing a banana peel on your forehead can help cure a headache.

•Bananas and banana peels make great fertilizer (you can compost them, bury them whole, or cut them in small pieces and mix them with garden soil) because of their phosphorous and potassium content. Roses especially like them.

•Rubbing the inside of a banana peel on houseplant leaves makes the leaves shiny.

•You can use the inside of a banana peel to clean and polish leather shoes.

•Banana peels also make a good silver polish—just rub silver with the inside of a peel and then buff with a cloth.

Meraai vannie Baai

WOW duisend dankies vir al die rate Terry. Gaan beslis van hulle begin toepas.  :notworthy: :icon_salut:

Angelica

Seker die vinnigste energiestafie wat jy kan kry.
En saam met melk en grondboontjiebotter.... geskommel in daai skommelaar.... mmmmm.  Gooi sommer nog heuning ook in, sommer net vir die gesondheid daarvan.
Ontbyt:  Sny hom op 'n roosterbroodjie met grondboontjiebotter. 
elle

Meraai vannie Baai

Dit klink heerlik Angelica. Deel gou hierdie foto met julle wat die voordele van die vruggie in sy geeljas pragtig uiteensit:


Terry

Dit is ongelooflik hoe ons almal weet van 'n produk, ons weet hoe dit smaak, maar ons ken nie altyd al die feite oor daardie sekere produk tot jy bietjie gaan navorsing doen nie.

Ek is ewe skielik 'n groot piesang liefhebber.

Het enige iemand dalk 'n lekker piesangbrood resep?  Ek wil nie regtig die gewone piesangbrood maak nie, ek wil graag eksperimenteer met 'n nuwe een.  Enige idees?

Jeannedarc

dis baie waar dat piesangs baie energie bevat. ons wat langafstande hardloop of fietsry, eet baie piesang en die rede hiervoor is dat die koolhidrate baie vinnig beskikbaar is wanneer jy dit nodig het en dit spike nie soos wat coke byvoorbeeld doen nie. vir my is 'n piesang "ryp" wanneer die skil 'n donker geel is met baie swart vlekke en dis ook wanneer die piesang ook die minste suur bevat.

adele

kyk maar wimbledon, die spelers eet 'n hap piesang met elke ruskans

wanneer jy piesangs wil gebruik in slaai of tert en nie wil he dit moet swart word nie, bedek dit met kookwater, laat staan minuut of twee, gooi water af, laat afkoel en skil en sny dan in skyfies. daardie skyfies bly baie langer ligkleurig.

:grommit:
adéle  :grommit:

Terry

Dankie Adele, dit is nou 'n goeie wenk.

AB

ek kan  nog iets van piesangs vertel uit ondervinding.

Toe ek student was het ek en my suster vir 4 weke alleen in die huis op die plaas gebly waar ek nou woon.
Moes self kos maak en was nie erg slim daarmee nie. ek het die werkers in die wingerd aan die werk gehou deur snoei en sus het kos gaan koop en ook net dit wat goedkoop was. so het sy op 'n piesang promosie afgekom en 'n boks van 20 kg piesangs gekoop en dit was on ssapel voedsel vir paar dae. elke dag baie piesangs geëet en die saterdag het ek 16 piesangs geëet.

dis verder gesensor, kan nie hier vertel wat die gevolg was nie, maar die piesangs het gewerk. (as jy wil weet sal ek oorweeg om jou in te lig as jy met rivaat boodskap mooi vra. )

Angelica

Ek giggel, AB, want doer onner sy iemand dis goed vir die maag.
Wie sou kon dink dat 'n piesand waarvan jy nie die vesel kan sien, so kan werk met die binneste??
elle

Angelica

O ja, wag, ek het nog 'n wonderlike werking vir die piesang.  Eintlik die skil.
As jy nou moeg is van daai tanne langs die bed, dis nou die wat aan jou partner behoort, dan plaas jy die skil voor die bed daar waar die slippers altyd staan. 

Jy kan maar begin uitsien na die laaaaang oorsese reise na die boedel afgehandel is.

(Nie ek wat so se, dis 'n ou-ou storie die.)
PM, gaan jy my uittrap hiervoor?
elle

AB

mmm, weet jy Angeliek, dit het niks aan my maag gemaak nie. Piesangs is gesond.