• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek is geblog deur die Afrikaanse Forum en my FB account is geskaak!

Started by Meraai vannie Baai, June 01, 2013, 12:06:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Wat 'n gemors!!!  :color: Een oomblik nog met Terry gesels en was besig om haar te probeer add op die admin gedeelte van die forum op FB. Ouens as julle ENIGE pos van my ontvang intussen, asseblief, DIT IS NIE EK NIE.
Die boodskap het gese iemand het op my rekening ingeteken en ek moet myself bewys LOL.

Terry

FB is nou besig om erg "gehack" te word, wees maar versigtig!  Hoe op aarde moet jy nou jouself bewys?  Hulle waarsku ook dat jy geen Friend requests moet aanvaar van iemand as hulle gehack was nie, en ek het nou net een van jou gekry??  Is dit jy?

Meraai vannie Baai

Terry ek het vir jou een gestuur net voor ek gehack was. Terwyl ek op die forum se blad op FB gewerk het, het daar 'n boodskap verskyn wat se ek kan eers iemand add as admin as ek my FB password verskaf. En toe doen ek dit en NET daar begin die gemors. As ek probeer inteken verskyn die boodskap:


Someone May Have Accessed Your Account.


To secure your account, you'll need to answer a few questions and change your password.

For your protection, no one can see you on Facebook until you finish.

AB


Terry

O genade.  Wel, ek het 'n request van jou gekry net na ek hierdie boodskap kom lees het, so ek dink nie ek gaan dit aanvaar nie.  Ons kan dan maar verder op mail praat.  Arme jy!  Maar dit maak mens vies, ne!   :mumum:

Meraai vannie Baai

Ek het 'n boodskap op email van FB ook gekry:

FromFacebook   
ToRaaitjie Lock

facebook

Hi Raaitjie,
It looks like someone may have accessed your Facebook account. To secure your account, you'll need to answer a few questions and change your password the next time you go to Facebook.
For your protection, no one can see you on Facebook until you secure your account.
Thanks,
The Facebook Security Team
Secure Your Account Now 

This message was sent to raaitjielock@yahoo.co.nz at your request.
Facebook, Inc., Attention: Department 415, PO Box 10005, Palo Alto, CA 94303

Ek het probeer kliek op die skakels wat hulle gee dit werk nie, toe soek hulle 'n id foto of lisensie! Raaitjie is my bynaam hehehe hoe gaan hulle weet wie is Maria Lock???


Terry

Raaitjie, maak nie saak wat jy doen nie, MOET NIE enige persoonlike inligting na hulle toe stuur nie.  Moet nie eers op die skakels kliek nie.  Toe jy jou FB profile oopgemaak het, het jy nie 'n lisensie of ID ingestuur nie, hoekom op aarde nou?  Dit is die hackers wat jou persoonlike inligting wil he.

Meraai vannie Baai

#7
Dis waarvoor ek vrek bang is Terry! Kan jy vir PM vra om my asb by die forum op FB te verwyder. Die boggers moes my daar besteel het want daar moes ek eers my FB password gee voordat ek vir jou kon add. Ek weet nie of dit standaard is nie. Die ouens is seker dan nog daar ingeteken as ek. Dalk as PM my hele ID daar delete kan ek weer dinge probeer red? Ek het ongelukkig nie haar foon nommer nie. En dit is net ek wat toegang tot admin tot nou gehad het daar.

Hier is die vereisde dinge wat hulle soek:

Upload a photo ID.

To make sure this is your account, we need you to upload a colour photo of your government-issued ID. Your ID should include your name, birthday and photo.

Acceptable IDs include your:
◾
Passport

◾
Driver's licence

◾
State-issued ID card

◾
Military ID card

◾
Immigration ID with signature


We won't accept:
◾
Your profile picture

◾
Everyday pictures

◾
Clip art

Terry

Ek het vir PM die boodskap gestuur.

Nee Meraai, dit is nie hoe dit werk nie, hulle vra nooit vir 'n password voor jy enige iemand add nie.  Hierdie was nou-die-dag in die nuus.  Wat hulle doen is, hulle hack jou profile en maak 'n soortgelyke profile oop op jou naam en foto.  Dan stuur hulle aan al jou vriende nuwe vriendskap uitnodigings.  Jou vriende dink dis jy en hulle aanvaar.  En so hack hulle dan jou vriende se profiele ook. 

Die rede hoekom hulle jou ID of paspoort nrs en ID foto soek, is omdat hulle baie van jou inligting nou gehack het en hulle wag net dat jy nou 'n kredietkaart online gebruik, en so maklik soos een, twee, drie, het hulle jou waar hulle wou en hulle gaan gebruik dan jou kaart.

Op Carte Blanche was daar 'n program oor die hackers, en wat baie scary is, is sodra jy gehack is, het hulle toegang tot jou rekenaar en jou persoonlike inligting.

Dit is soos om 'n scam email oop te maak, jy kliek op die link, en die scammers is klaar in.

Scary goed hierdie!

Ons het ons eie hacker moeilikheid gehad vanoggend.  Hulle is lekker besig vandag.

Meraai vannie Baai

#9
Dis AAAAKLIG!! Ek gaan eerder 'n nuwe profile oopmaak later en sal dan hier 'n boodskap los dat julle my weer kan vra om julle te add instede dat ek dit doen en ons nie weet wie is wie LOL. Vir eers is ek nou beswaard want daar is der duisende fotos van ons gestoor gewees op die gevreetboekie. Sniksniksnik. Sulke ongeskikte varke.

PM

Goeie genade!  Dit is vreeslik!  Ek weet nou nie wat om te doen nie, want sover ek weet is ek nie admin daar nie.  Slegs jy Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Toe ek vanoggend daar ingaan matertjie toe wys dit dat jy reeds deel is van admin en selfde regte het as wat ek gehad het. Dis omtrent 'n geneuk. Dit was eerste keer dat die forum daar my gevra het om my FB password te gee voordat ek kan aangaan met verstelling aan die admin kant. Ek kan ook glad nie nou daar inteken nie.

Meraai vannie Baai

Ek het 'n nuwe FB rekening oopgemaak. Maria Lock. Kom wees asb weer my maatjies  :icon_biggrin: Julle sal die 2 fototjies herken op die nuwe voorblad. Stuur sebliefie 'n uitnodiging aan die woorddief  :notworthy:

Angelica

Ek het vanoggend twee keer probeer om by my FNB-rekening in te teken en dan se dit dat my dat my password verkeerd is.  Sou ek 'n derde keer aanteken, sou my rekening geblok wees. 
Noudat ek daaraan dink..!!!!!!!!!!!!   Ek beter FNB skakel!!  Se nou hulle vat my geldjies??  Hulle kan my overdrafts kry, net nie my geldjies nie.
elle

adele

ek het vroeer by Capitec probeer inlog maar daar was my 'password' ook sg verkeerd ... en nou moet ek by 'n tak uitkom om dit te 'reset' [? afrikaanse woord?]
ek huil oor die verlore foto's en skrywes van Raaitjie... daardie foto's spesiaal op fb geplaas sodat dit iewers beskikbaar is, sou 'n rekenaar oppak of verlore raak.

:grommit:
adéle  :grommit: