• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek is geblog deur die Afrikaanse Forum en my FB account is geskaak!

Started by Meraai vannie Baai, June 01, 2013, 12:06:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica


Ek bly nou liewer weg fan my FNB-rekening. 
Sal hulle Maandag skakel en hoor of daar probleme oor die naweek was.  Gewoonlik e-pos ek hulle sommer van my aanlyn-rekening, maar nou wil ek nie daar in nie.
Ag nee, ons word ORAL ge-hijack  :icon_cheers: .  Waar is ons nog veilig? 
elle

PM

Raaitjie, kan jy nie vir FB skryf en vra wat gaan aan nie?

http://www.facebook.com/help/account_recovery

Dit is nogal interessant.  Ek het my besonderhede vir Raaitjie gegee om by die Afrikaanse FB blad in te gaan en toe sy dit doen word ek geblok.  Word toe versoek om na die blad te gaan en in te log, te kyk wie het probeer inlog.
Kry 'n wêreldkaart met Raaitjie se voorstad en 'n vraag:  Is dit ok?  Seg ek ja, dit is ok.  In is ek.  Ek hoef nie iewers weer my wagwoord te gee nie.  Het net daarmee ingeskakel. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Raaia, ek het jou as 'n FB-vriend ge-unfriend net om te verhoed dat as daar dalk 'n wurm wil deurvreet, ek dit kan blok.
Wanneer alles weer reg is, stuur weer vir my 'n friend request.

elle

Meraai vannie Baai

Dis doodreg matertjie. Ek het 'n nuwe rekening oopgemaak op my doopnaam. Maria Lock. Ons het vir FB gekontak. Hulle het teruggeskryf. Outop gedoen wat hulle gevra het. Nou moet ons vyf dae wag tot FB dink ek is wie ek is LOL. PM, ek het die hele storie in briefie vir jou uiteengesit.

PM

Is reg so sustertjie.  Ons het gou by meisiekind kom kuier, ek sal gou my e-pos kyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het vanoggend 'n e-pos ontvang met die wonderlike nuus dat my ou rekening herstel is, enigste vereiste was dat ek my doopnaam moet behou. Die ou rekening moet permanent 'delete' word. So, ons het dit gedoen. Ek hoop eerlik waar nie dat so iets my gou weer tref nie. Dankie vir julle geduld en ondersteuning maters. As julle die ou rekening 'unfriend' het, dit is nou weer veilig. Die foto van Meisiekindjie en my is nou weer op die voorblad van 'Maria Lock'.


PM

Ek is bly dat alles nou weer eksie perfeksie is Raaitjie.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.