Author Topic: My geliefde slaap  (Read 1790 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
My geliefde slaap
« on: May 23, 2013, 05:11:33 AM »
My geliefde slaap

My oë spoel oor jou
waar jy rustig tussen wit lakens
jou sonbruin lyf uitstrek
en deur my blik
drink ek lafenis van jou skoonheid
wat diep in my siel bekoring bring.

Die rus op jou gelaat
se vrede skenk vrede ook aan my
en ek weet jy is sonder gelyke,
onder vroue is daar nie nog een soos jy.

Aan jou kleef ‘n lewensgeur
as ek buk en teue drink van jou aroma
en my neus word ‘n reseptor
van jou sensuele pallet.

Ek word gevul met jou hele wese
                                            as ek my oë sluit
en jou drink deur my verbeelding
en jy my hart laat jubel
oor die liefde van die Skepper
vir Adam en vir my.

©Cornelis
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: My geliefde slaap
« Reply #1 on: May 23, 2013, 09:36:04 AM »
Pragtig geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10717
  • Gender: Female
Re: My geliefde slaap
« Reply #2 on: May 25, 2013, 08:47:17 AM »
Ek lief hierdie gedig.  Dit is pragtig Cornelis. 
Om te weet is om te verstaan.