• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My geliefde slaap

Started by Angelica, May 23, 2013, 06:11:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

My geliefde slaap

My oë spoel oor jou
waar jy rustig tussen wit lakens
jou sonbruin lyf uitstrek
en deur my blik
drink ek lafenis van jou skoonheid
wat diep in my siel bekoring bring.

Die rus op jou gelaat
se vrede skenk vrede ook aan my
en ek weet jy is sonder gelyke,
onder vroue is daar nie nog een soos jy.

Aan jou kleef 'n lewensgeur
as ek buk en teue drink van jou aroma
en my neus word 'n reseptor
van jou sensuele pallet.

Ek word gevul met jou hele wese
                                            as ek my oë sluit
en jou drink deur my verbeelding
en jy my hart laat jubel
oor die liefde van die Skepper
vir Adam en vir my.

©Cornelis
elle

Fransi


PM

Ek lief hierdie gedig.  Dit is pragtig Cornelis. 
Om te weet is om te verstaan.