wees gewaarsku hier kan baie kiekies wees
so besluit paar van ons om te gaan visvang. kry plek naby vermaaklikheid. ek en peet en piet ry dinsdagmiddag, hou lang naweek. woensdag ry ons 30 km verder kus af blombos se kant toe.
daar vang ek 5 net net maat kolsterte. die aand bederf ons kok ons met hoender pastei

en dit smaak heerlik, oorgenoeg vir ons al 3

volgende oggend ry ons eers 'n draai op die plaas
gaan loer na die huisie bye die see ( nee ons het nie daar in geslaap nie)

die kuier stoep


ry toe see se kant toe
en kom op die zebras af

daar is elande en bontebokke ook
duin af see toe

vrek hoog af daar na die see toe

ons staan soms op daai rotspunt en probeer vis vang

geukkig is daar 2 paadjies teen die duine af see toe
205 trappies

ons gaan probeer toe ons geluk by hierdie stomp

pragtige strand, net vir ons self

na 'n wyle het ek darem weer 'n kolstert gevang

piet is nog vol moed

en peet byt ook nog vas

en so raak dit hoogwater

en ek begin maar fotos neem om besig te bly want die vis willie bytie

ons skuif nader na die terugstap paadjie toe

die water was redlik plat, dalk die rede vir swak vangs?

hier hou ek my weer besig om fotos te neem terwyl my stok in die pyp in die sand staan
toe ek die foto neem kyk peet op na my en seg: "hey wat gaan aan by jou stok""
ek seg ek weet nie maar ek sien sy punt staan nie meer stil nie
toe was dit al die tyd hierdie 1,6 kg pens en derms wat so aan die lyn pluk

en net daarna kon ek vir peet vra wat gaan aan by sy stok


word vervolg