Natuurlik moet die spasies sin maak.
Ek haal Raaitjie se woorde aan:
Die "Caesura-tegniek" / "Tipografiese wit",
kan ingespan word vir daardie tikkie 'ritmiese zing' tussen die lyne. Hierdie tegniek kom tot sy volle reg met voorlesing. Wanneer jy dus so gedig skep, is dit skryf, luister; skryf luister. Maak seker die woorde wat jy wil laat hang, is op die regte plekke geplaas. Die spasies werk soos die rusteken in musiek. En soos met alles, het dit die mooiste inpak as jy dit spaarsamig toepas. Soos met gewone spreektaal, laat ons die leser hier rus tussen woorde met die gebruik van 'n dig-element, meestal sonder die gebruik van leestekens.
die woorde wat jy wil laat hang
Die woord "hang" beskryf dit vir my baie mooi. Jy wil daardie pouse hê waar jy die leser vir 'n oomblik wil laat "stilstaan" en oor die vorige woorde dink. Jy spoel as te ware die woorde effe in jou mond rond voordat jy aangaan met jou "vertelling". Ek lief die tegniek.