• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

I dwell in peace

Started by PM, May 16, 2013, 05:49:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

I dwell in peace

Let me dwell in the shelter of your heart
For I sense the warmth of your un contaminated love
The feeling of sincerity, I taste upon your lips
For they are gentle and without pretence
I am protected from deception
In your  intimate truth
And I know I have surrendered to undying love,
as I entered your dwelling pace of peace.

© Cornelis 

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek is 'n voorstander van kleinletters en geen leestekens, behalwe vir .....  en wit spasies (bloot omdat ek nie van beter weet.)

Hoofletters aan die begin van elke reel...  is dit so bedoel om te wees?
'un contaminated' = uncontaminated   Of wou jy klem op die 'un' plaas, Cornelis?
'dwelling pace'  dalk bedoel om 'dwelling place' te wees?

Let me dwell in the shelter of your heart
for I sense the warmth of you un contaminated love
The feeling of sincerity I taste upon your lips...
for they are gentle   
and without pretence
I am protected from deception in your intimate truth
and I know I have surrendered to undying love
as I enter your dwelling place of peace
elle

Ah Willa

Ek's met Angelica

'un contaminated' = uncontaminated   

ek het ook dat pretence met 'n s gespel word : pretense - maar ek neig om American English te gebruik - color instead of colour ha ha ha

pace I would think is rather place

die witspasie in die sin "In your  intimate truth"  lyk na 'n drukkers flatter wat daar behoort nie normalweg 'n rus in die sin nie -
maar dan mag ek dalk mis wat vir my gese word.

Dis 'n ongelooflik pragtige vers.   As ek dit hardoplees hoor ek 'n melody saam met dit en dit voel vir my dit moet so lees :


I dwell in peace

Let me dwell in the shelter of your heart,
for I sense the warmth of your uncontaminated love.
The feeling of sincerity, I taste upon your lips;
for they are gentle and without pretense.
I am protected from deception
in your intimate truth.
I know I have surrendered to undying love,
as I entered your dwelling place of peace.

© Cornelis 

Maar hoe dit ookal is - ek hoop dis in die boek - ek lief die vers!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek het eers die werk net so geplaas.  Sodra ons alles uitgepluis het sal ek dit verander. 

Dankie vir die oplet van die ekstra spasie Willa.  Vir my is dit belangrik dat elke i 'n kolletjie op het en ek wat heeldag sit en lees mis dit maklik.  By Jannie se werk het ons geproeflees en alles reggemaak.  My oog vang toe 'n woord, nogal in 'n opskrif, wat nie een van ons raak gesien het nie.  Dit gebeur soooo maklik.  Ek skaam my dood as sulke foute by die boek insluip. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek stem saam met die pragmooi hiervan.  :hello: 

wit spasies gee vir my 'n sekere flair aan skryfwerk maar dan moet dit in die plek van 'n sekere leesteken, miskien gewoonlik 'n komma, gebruik word. dit maak nie regtig sin as daar sonder rede net gespasie word nie  :icon_scratch:    net my pennie in die spasie   :icon_biggrin: 

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Natuurlik moet die spasies sin maak. 

Ek haal Raaitjie se woorde aan:

Die "Caesura-tegniek" / "Tipografiese wit",
kan ingespan word vir daardie tikkie 'ritmiese zing' tussen die lyne. Hierdie tegniek kom tot sy volle reg met voorlesing. Wanneer jy dus so gedig skep, is dit skryf, luister; skryf luister. Maak seker die woorde wat jy wil laat hang, is op die regte plekke geplaas. Die spasies werk soos die rusteken in musiek. En soos met alles, het dit die mooiste inpak as jy dit spaarsamig toepas. Soos met gewone spreektaal, laat ons die leser hier rus tussen woorde met die gebruik van 'n dig-element,  meestal sonder die gebruik van leestekens.

die woorde wat jy wil laat hang
Die woord "hang" beskryf dit vir my baie mooi.  Jy wil daardie pouse hê waar jy die leser vir 'n oomblik wil laat "stilstaan" en oor die vorige woorde dink.  Jy spoel as te ware die woorde effe in jou mond rond voordat jy aangaan met jou "vertelling".  Ek lief die tegniek.

Om te weet is om te verstaan.