• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Suidoos - Woedekind (Voorbeeld van Tru-vers)

Started by PM, May 27, 2011, 08:20:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier is my poging vir Naas se gedigstruktuur – Tru-vers.
Die eerste vers lees van onder na bo in die laaste vers.

Suidoos - Woedekind

A1       Jy ruk en pluk aan my nate...
B1       hoekom is jy so kwaad?
A2       om kalm te bly is 'n bate,
b         wat sal kwaadwees tog baat?

c          jy jaag verwoed oor die water,
a         dryf die sand af in die strate,
c          al hoe later, al hoe kwater
A1       ruk en pluk jy aan my nate.           (Eerste reël van vers een herhaal.)

d         Jy huilgil deur die vensters
b         in doller as kopaf vaart
d         en klits alles om jou flenters.
B1      Hoekom is jy so kwaad?                (Tweede reël van vers een herhaal.)

e         Die geloei stem my so onrustig,
a         seer met verlange, verlate,
e         totaal opgewerk en ontstig.
A2      Om kalm te bly is 'n bate.               (Derde reël van vers een herhaal.)

b         Jy is soos 'n woedevraat...
A2      om kalm te bly is 'n bate.               (Derde reël van vers een herhaal.)
B1      Hoekom is jy so kwaad?                 (Tweede reël van vers een herhaal.)
A1      Jy ruk en pluk aan my nate...          (Eerste reël van vers een herhaal.)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hierdie ene MOET ekke ook bedel!! Sal gaan vasmaak solank, as jy seg nee hy is geboek, dan haal ek net weer af maar ek dink jy sal moet baklei om hom terug te kry  :toothy4: :notworthy:

PM

Dit is joune!   :sign10:   Baie dankie matertjie.  Ek gaan nou eers gou stort en hospitaal toe.  Sal weer later kom inloer.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoop dit gaan voorspoedig met die herstel van julle Meisiekind! Ek het jou tru-verse gaan plaas, loer net assebliefie vir my of jy die aanvullende inligting langsaan ook by wil plaas soos dit nou vertoon  :notworthy:

PM

Ek sal gaan loer en regmaak as ek nie tevrede is nie.  Dankie Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.