Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on May 27, 2011, 07:20:03 AM

Title: Suidoos - Woedekind (Voorbeeld van Tru-vers)
Post by: PM on May 27, 2011, 07:20:03 AM
Hier is my poging vir Naas se gedigstruktuur – Tru-vers.
Die eerste vers lees van onder na bo in die laaste vers.

Suidoos - Woedekind

A1       Jy ruk en pluk aan my nate...
B1       hoekom is jy so kwaad?
A2       om kalm te bly is ‘n bate,
b         wat sal kwaadwees tog baat?

c          jy jaag verwoed oor die water,
a         dryf die sand af in die strate,
c          al hoe later, al hoe kwater
A1       ruk en pluk jy aan my nate.           (Eerste reël van vers een herhaal.)

d         Jy huilgil deur die vensters
b         in doller as kopaf vaart
d         en klits alles om jou flenters.
B1      Hoekom is jy so kwaad?                (Tweede reël van vers een herhaal.)

e         Die geloei stem my so onrustig,
a         seer met verlange, verlate,
e         totaal opgewerk en ontstig.
A2      Om kalm te bly is ‘n bate.               (Derde reël van vers een herhaal.)

b         Jy is soos ‘n woedevraat...
A2      om kalm te bly is ‘n bate.               (Derde reël van vers een herhaal.)
B1      Hoekom is jy so kwaad?                 (Tweede reël van vers een herhaal.)
A1      Jy ruk en pluk aan my nate...          (Eerste reël van vers een herhaal.)
Title: Re: Suidoos - Woedekind (Voorbeeld van Tru-vers)
Post by: Meraai vannie Baai on July 28, 2011, 12:46:21 PM
Hierdie ene MOET ekke ook bedel!! Sal gaan vasmaak solank, as jy seg nee hy is geboek, dan haal ek net weer af maar ek dink jy sal moet baklei om hom terug te kry  :toothy4: :notworthy:
Title: Re: Suidoos - Woedekind (Voorbeeld van Tru-vers)
Post by: PM on July 28, 2011, 02:02:08 PM
Dit is joune!   :sign10:   Baie dankie matertjie.  Ek gaan nou eers gou stort en hospitaal toe.  Sal weer later kom inloer.
Title: Re: Suidoos - Woedekind (Voorbeeld van Tru-vers)
Post by: Meraai vannie Baai on July 28, 2011, 11:06:09 PM
Hoop dit gaan voorspoedig met die herstel van julle Meisiekind! Ek het jou tru-verse gaan plaas, loer net assebliefie vir my of jy die aanvullende inligting langsaan ook by wil plaas soos dit nou vertoon  :notworthy:
Title: Re: Suidoos - Woedekind (Voorbeeld van Tru-vers)
Post by: PM on July 29, 2011, 06:16:38 AM
Ek sal gaan loer en regmaak as ek nie tevrede is nie.  Dankie Raaitjie.